“Skaam jou Wayne Minnaar!”

Waarvoor word hy dan betaal? Om ander pad te kyk en intelligente lesers se intelligensie te beledig?

Die heer moes lankal die trekpas gekry het.

Net om lesers aan sy onlangse lamlendige (gebrek aan) optrede te herinner: Hy het dames verkeerskonstabels wat in werktyd mekaar se hare vleg, verdedig, versuim om toe te sien dat duidelike aanwysings op die hoek van William Nicol en Ontdekkersweg aangebring word wat swaar voertuie verbied om 14delaan te gebruik.

Waarvoor word hy dan betaal? Om ander pad te kyk en intelligente lesers se intelligensie te beledig met sy verdediging van JMPD? Is hy bang (lees lafhartig) om op te tree?

Ek het hom ‘n paar jaar gelede gebel oor ‘n voorval by die voerttuiglisensiekantore. Hy wou nie op die saak ingaan nie.
Hy behoort hom te skaam!

Exit mobile version