BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Kritiek Aster — Rockumentary

When the going gets tough, Astertjie gets pirate copies of rockumentaries and hides out in front of the TV.

Olivetti 45 — Terwyl ek nog sywaarts in plaaslike venues inskuur is daar nie veel om te vertel nie behalwe ek-het-my-trots-gesluk mislukkingstories. Ek het my dus gewend tot seerowerkopieë (direkte vertaling) van rockumentaries vir die afgelope week.

Dit is geen geheim watter plaaslike rockers my hart roer nie, so natuurlik is daardie rockumentary eerste afgelaai. Ek kon nie anders nie. Ek gaan nou daardie chicken-or-egg vragie vra: Ek wonder wat het eerste gekom: Forgive Them For They Know Not What They Do of Fokofpolisiekar: Die Biografie? Myns insiens moes die boek of die tesis seker eerste gebeur het want die inleiding tot die moewie is veels té Annie Klopper. A+ beeldmateriaal (nie juis nie, Astertjie) kom al sedert 2003 saam met hulle op toer, en het onlangs weer my oë bereik.

Volgende was ‘n film waarna ek tevore vir my eie akademiese (en persoonlike) doeleindes moes kyk, getiteld Punk in Africa. Ja, punk in Afrika, en die begin- en eindpunt was nie my geliefde Karre nie, maar wel bands soos National Wake, Wild Youth, Suck en Safari Suits. Alles in 1970’s Johannesburg, midde in apartheid, sonder sy toestemming. Dit is saamgestel om te kyk na die impak van en uitbreiding van punk in Suid-Afrika tot dit uiteindelik ook Zimbabwe en Mosambiek bereik het. ‘n Ander band wat ek onlangs begin waardeer het, 340 ml, het ook in die fliek verskyn. Tot my teleurstelling is die groep tans self op hiaat.

Laastens, en hiermee lig ek my wynglas en dink aan my vriendin wat altyd twee glase gelyk in Cool Runnings bestel het, het ek weer The Filth and the Fury: A Sex Pistols Film gekyk. Dit is die tweede fliek wat Julien Temple oor hulle gemaak het, en verreweg die beter storie. Die naam is gesteel van die titel van ‘n artikel in ‘n Britse poniekoerant way back when. Temple het hulle tipiese rise-and-fall storie vertel deur met oorlewende lede te gesels en beeldmateriaal te gebruik wat tydens hulle tyd in die bedryf geneem is. Hy het gedeeltes uit sy eerste rockumentary ingesneak om dit te voltooi.

Ek moet seker eendag daarby uitkom om wettige kopieë van dié flieks in die hande te kry, maar intussen save ek dit maar op my hard drive met die hoop dat dit een of ander nuuskierige agie eendag so opgewonde sal maak soos wat ek daaroor raak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button