BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Kritiek Aster — Hiaat

Iemand moet die dringende en indringende vrae beantwoord kry.

Olivetti 45 — Ek vra om verskoning dat ek afwesig was vir ‘n paar uitgawes, maar Astertjie het geworstel met die eeue-oue vraag: To go or not to go?

That was the question. Nee, nie die Shakespeare-weergawe nie. Myne. Dalk het ek dit al genoem, maar ek en daardie hole in the wall waar ek altyd na musiek gaan luister het, sit nie meer langs dieselfde vuur nie. Ons twee girls het ‘n meningsverskilletjie gehad en ek is daar weg suurder as ‘n suurlemoen.

‘n Opvolg-emailtjie van my kant af is net plain geïgnoreer, en ek weet nie hoekom nie. Dit voel asof ek deur ‘n breakup is … die leemte is onbeskryflik groot, en dit oor so ‘n klein venue. Ek sê klein want in die grand scheme of things is dit net nie vergelykbaar met die grênd plekke nie. My hardkoppigheid wou my vir ‘n maand lank nie eers toelaat om musiek werklik te geniet nie, en live was daarmee heen, kan jy glo?

Maar dit was myne, dit was ons s’n.

Nietemin het ek ‘n einde gebring aan my hiaat van die musiekwêreld af want so graag as wat ek sou wou wegbly kan ek nie stilbly nie. Iemand moet oor musiek skryf, né? Of ten minste oor die ups and downs daarvan; die dringende, indringende vrae moet deur iemand beantwoord word.

Ek hoop julle kies my as daardie mens.

Alhoewel ek maar stilletjies sal terugsluip in daardie spasie in, wil ek ook uitventure na ander plekke en ander klanke toe. Wat stel jy voor?

Ek beplan ‘n paar interviews en ek is besig om comps (complimentary tickets, leer ek by Vetseun) te reël vir daardie kan-dit-nie-misloop-nie gigs.

Maar wat is nog missing? Iets moet die leemte vul, en ek sal daardie iets op die stage moet gaan opspoor, daarvan moet kiekies neem, onmoontlike vrae daaraan stel, lekker daarmee saam party en dit uiteindelik moet neerpen.

Laat my toe om julle William Miller te wees.

Related Articles

Back to top button