LettersOpinionUpdate

Angel’s Place loop ook deur

Haelstorm affekteer ook liefdadigheidsorganisasie.

Antonette Delport van Angel’s Place het in ‘n brief aan die Record vertel wat hulle moes deurmaak met die onlangse haelstorm aan die Wes-Rand. Sy het foto’s ingesluit. Enige iemand wat Angel’s Place in hierdie moeilike tyd kan bystaan, kan gerus vir Antonette by 082 855 2574 skakel. Angel’s Place se adres is Melvillelaan 53, Discovery, en die kantoornommer is 011 672 0562. — MM.

Hiermee net so ‘n brokkie nuus oor die storm laasweek. Angel’s Place het skade gehad met plafonne wat ingesak het weens al die hael. Ons afdak het ook ingeval, en dit nogal op ons maatskaplike werker van NG Welsyn se kar terwyl sy daar was vir ‘n besoek!

Die hael het oral sentimeters dik gelê!

Ons het die brandweer uitgeroep maar hulle kon ons nie verder bystaan nie. Ons wonderlike bure het uiteindelik kom help met stutte ensovoorts om die kar uit te kry.

Met groot genade van Bo het die kar net ‘n baie klein duikie gehad maar van die verf is af.

Ongelukkig moet ons maar die afdak groet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button