Kritiek Aster — “Goddank vir klank”

Waarnatoe ontsnap jy as Roodepoort jou uitput? Krugersdorp, natuurlik.

Partykeer is dit beter om jouself van die omgewing te verwyder. Get away a bit. Ek kan nou nie groot naweke weg na Hartbeespoort bekostig nie, maar my aandjie uit rowwe Roodepoort was in die ewe-gekneusde Krugersdorp gewees.

Ja, dis nie grênd nie, maar wie wou hê dit moet wees?

Ek was geïrriteerd dat my sussie my wou saamvat na haar maltrapmater se verjaarsdag toe. Sus herstel nog, of course, van haar ongeluk. Toe ek op daardie alombekende sirene-gedrewe toneel afstorm waar ek myself Vrydag bevind het, het ek meteens besef dat ek nog nie weer ‘n ongelukstoneel gesien het na my sussie s’n nie.

Foto’s, ja. Een van die journos het my eendag (toe ek nog ‘n intern was) gespot en gesê dat ons eintlik ongelukke opwindend sal vind. Ek sal ook, soos hulle, foto’s vergelyk en sug as daar geen ernstige beserings opgedoen is nie. Vrydag was ‘n shocker … die outjie is dood, die ander weier om uit sy kar te klim en ek het nie notas vergelyk nie, net my ma vertel oor ‘n koppie koffie. Een van sus se ander vriende, wie ook geneig is om sarkasties te wees en hom toe te spits op sy vriende se issues, het my toe oortuig om ‘dorp toe te gaan.

Hier sit ek, omring deur rokers en hardehout-liefhebbers om ‘n vuur wat deur ‘n brandweerman vir ons aangesteek is. Ons gaan nou braai.

Nutteloos om te sê dat, soos ware Afrikaners, ons teen 11.15nm nog nie geëet het nie. Die vriend van haar, Mr Nice Guy, hou my geselskap in die kombuis (uiteindelik geëet om middernag) en later om die vuur. Ons chat oor Fokofpolisiekar, sirenes, die ongeluk, die ander ongeluk, loopbaankeuses, ‘n moontlike meestersgraad en om saam met Karen Zoid by Oppikoppi gekletter te raak. Uiteindelik, bespreek ons hoe ons my sussie gaan oortuig om in die kar te klim want ons is kapoet. Hy ry saam terug na rowwe Roodepoort, bly ‘n skamele kilometer van ons af. Ons gaan register to vote die volgende dag.

En alles voel beter. Out of body, out of mind. Goddank vir klank.

Exit mobile version