Schools

Havies spandeer Mandeladag met vullissakke in die hand

Onderwysers en leerders spring self in om hulle skoolterrein en omgewing skoon te maak.

Suid-Afrikaners het op 18 Julie met ‘n wye verskeidenheid van liefdadigheidsaktiwiteite Mandeladag gevier, en vir die onderwysers en leerders van Laerskool Dr Havinga was dit ook nie anders nie.

De Hagan Pearson en Jacques van Niekerk help om die middelmannetjie in Corlettrylaan skoon te maak.

Marina Breed het die dag se aktiwiteite gereël, en verduidelik, “Ons wil graag almal trots wees op ons dorp. Dit begin soms by die doen van klein dingetjies. Rommel oral in ons strate, sypaadjies en middelmannetjies ontsier ons omgewing. Ons het besluit dat, instede daarvan om te wag dat iemand anders dit skoon maak, ons self iets daaraan sal doen.”

Adolph Louw het ook help skoonmaak.

Die onderwysers en leerders het ook nie op hulle laat wag nie, en die skoonmaak operasie met entoesiasme aangepak. Elkeen het met ‘n emmertjie of ‘n vullissak (of twee) in die hand saamgewerk en gou-gou reg rondom hulle die skool skoongemaak.

Albert Robberts, Keagan O’Reilly en Dean Deysel reg vir die groot skoonmaak.

Marina het gesê dat sy nie kon glo hoeveel rommel hulle in die kort tydjie opgetel het nie.

Graad 7’s gereed vir die groot skoonmaak-ekspedisie.

“Ons het 10:30 begin en binne die eerste halfuur reeds heelwat vullissakke volgemaak.”

Claudio Brits en Kaylin Stapelberg.

Sy sê dat hierdie inisiatief nie net vir Mandeladag bedoel is nie, maar iets is wat hulle gereeld wil doen.

“Die Havies neem nou die voortou met die opruim van rommel en hoop dat dit ander skole in Roodepoort sal inspireer om dieselfde te doen! So kan skoon strate en sypaadjies die trots van Roodepoort wees.”

Die leerders het die volgende oor hierdie inisiatief gesê:

• Jennalee Swanepoel, graad 1, “Ek wil hê die Havies moet ‘n mooi skoon skool wees.”
• Moneiwa Hlwalika, graad 3, “Dit was ‘n lekker gevoel om iets goeds vir die wêreld om ons te doen.”
• Juhan Calitz, graad 4, “As mnr Mandela nog geleef het, sou hy baie trots op Dr Havinga gewees het!”
• Danidee Potgieter, graad 4, “As ek in die toekoms ‘n papier sien, tel ek dit dadelik op!”
• Savannah Dyason, graad 5, “Sjoe! Kan nie glo ons kan soveel papiere in 67 minute optel nie!”
• Luané Strydom, graad 6, “Dis ‘n lekker gevoel om jou gemeenskap en skool skoon te kan maak. Dis nou veiliger, skoner en netjieser!”
• T-Landré Joubert, graad 7, “Ek was geskok oor al die sigaretstompies, glasstukke en drankbottels. Dit was lekker om ‘n verskil te kon maak!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button