Schools

Laerskool Horison-leerders vier Wêreldboekedag

Laerskool Horison het onlangs Wêreldboekedag gevier met 'n reeks prettige en opvoedkundige aktiwiteite wat leerders kan geniet.

Alhoewel Wêreldboekedag ‘n groot jaarlikse viering in die VSA en Ierland is, was dit hierdie jaar by Laerskool Horison nie anders nie.

Vir Wêreldboekedag word kinders aangemoedig om aan te trek volgens hul gunsteling boekkarakters.

Die leerders het entoesiasme en kreatiwiteit getoon terwyl hulle deur die loop van die dag ‘n baie prettige en leersame ervaring gehad het.

Carli Barnard, Marno Liebenberg en Jaiden Luyt.

Die jaarlikse geleentheid, wat op 23 April val, se doel is om lees en geletterdheid onder jongmense te bevorder.

Die skool het elke klas aangemoedig om ‘n boek te kies, dit op hul klaskamerdeur voor te stel en dan aan te trek volgens hul gunsteling karakters in daardie spesifieke boek.

Jayden van Blerk, Roland Duvenhage, Lenieke Bouwer en Nathan de Beer. Foto’s: Nkosephayo Vilakazi

Die klaskamers was kreatief versier, en die klasonderwysers het dit ook geniet om boekkarakters uit klassieke sprokies, gewilde fantasie-romans en geliefde kinderboeke saam te bring.

Mickey Mouse, prinsesse, towenaars en narre is van die karakters wat op hierdie spesiale dag by die skool rondgeloop het.

May Cara, Amelie Kloppers en Christi van der Merwe.

Volgens Maria-Lise Pieters van die skool, was hulle so beïndruk met die moeite wat gedoen is, dat hulle hoop dit sal leerders aanmoedig om meer te lees.

Related Articles

Back to top button