Schools

Met 130 nuwe graad 1’s is Laerskool Helderkruin reg vir die nuwe jaar

Die nuwelinge kon hulle onderwysers ontmoet en sien waar hulle klasse is tydens die oriënteringsdag wat die dag voor skool begin het plaasgevind het.

Laerskool Helderkruin het hulle graad 1’s met ope arms verwelkom op 16 Januarie.

Jessica Courtney van die skool het verduidelik, “Soos elke oriënteringsdag, of eerste dag van skool, was dit ‘n dag vol emosies en ons het nou al elke emosie op die skoolgrond beleef, van mammas wat harder as die kinders huil na pappa wat ook skelm ‘n traan of drie pink.”

Sy het aangegaan om te sê sommige kinders het vooruit klas toe gehardloop om hulle maats te verwelkom met mamma wat agterna hardloop, tas in die hand en baba op die heup, terwyl ander lag en totsiens waai vir hulle mammas. Daar was selfs ‘n paar wat hard probeer het om nie te huil nie want mamma het gesê ‘ek gaan jou nou nou weer kom haal’.

Estelle en Christine Botha, ‘n tweeling by Laerskool Helderkruin in graad R saam met twee van die onderwysers. Foto: Verskaf.

“Party ouers was te dankbaar dat die skool weer heropen het, ‘want die vakansie was net te lank’ het hulle laggend gesê,” het Jessica genoem.

Sy het bygevoeg dat die skool het hierdie jaar 130 graad 1’s welkom geheet met die ou tradisie van ‘n erewag in die saal tydens die eerste saalopening van die jaar op 17 Januarie.

“Ouers het wild en woes foto’s geneem om die eerste dag van die ‘grootskool’ te vereweig. Die ‘klitsies’, ons graad RR en R maatjies, was net so opgewonde om hul juffrouens te ontmoet en nuwe maatjies te maak in die groot skool,” het Jessica afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button