Schools

Graad sewe leerders deel hulle gevoelens teenoor hoërskool

Leerders van Laerskool Dr Havinga sien daarna uit om volgende jaar met 'n nuwe hoofstuk te begin.

Laerskool Dr Havinga se graad sewe leerders deel hulle gevoelens daaroor om volgende jaar graad agt toe te gaan.

“Volgende jaar begin ek ‘n nuwe hoofstuk, laerskool is nou verby en ek is baie dankbaar vir dit wat Laeskool Dr Havinga vir my geleer het. Ek weet ek is reg vir die uitdagings van 2024!” het Rezhel van Rensburg gedeel.

Rezhel van Rensburg. Foto: Verskaf.

“Daar was lekker tye en daar was goeie tye, maar laerskool maak nou klaar. Ek is baie opgewonde oor die nuwe vakke en om splinternuwe maats te maak,” het Nicole Smit gesê.

Nicole Smit. Foto: Verskaf.

“Die lewe is een groot leerkurwe. Sewe jaar terug het ons met graad een begin en hier is ons nou in graad sewe. Graad agt tot 12 lê nou voor en ek kan nie wag vir die nuwe uitdaging nie,” het Ryno de Jongh bygevoeg.

Ryno de Jongh. Foto: Verskaf.

“Graad sewe is nou verby en graad agt is om die draai, op pad met ‘n spoed. Ek gaan die onnies en my maats baie mis, maar sien uit na die nuwe begin. Ek gaan net eers lekker vakansie hou! Ek is dankbaar vir die personeel ek gaan my laerskoolloopbaan nooit vergeet,” het Thato Nkabinde afgesluit.

Related Articles

Back to top button