Schools

Kruiners deel hul gunstelinge vir die Kersfeesseisoen

Laerskool Helderkruin leerders deel hul gunsteling Kersfees dinge.

• Jean-Luc Sofianos:

1. Wat dink jy eet Kersvader vir Kersfees?
Koekies

2. Wat is op jou Kersfees-wenslys?
My eie kar

3. Hoe spandeer julle Kersfees hierdie jaar?
Ons gaan Kaap toe

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Geskenke oopmaak

Jean-Luc Sofianos.

• Alexa van der Berg:

1. Wat dink jy eet Kersvader vir Kersfees?
Koekies en melk

2. Wat is op jou Kersfees-wenslys?
‘n Pop

3. Hoe spandeer julle Kersfees hierdie jaar?
Ons gaan see toe

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Geskenke oopmaak

Alexa van der Berg.

• Amoné van den Berg:

1. Idees vir Kersgeskenke?
Speel-Speel meermin
Pop
Horlosie

2. Wat dink jy eet Kersvader vir Kersfees?
Braaivleis

3. Wat doen julle vir Kersgeskenke?
My boetie verjaar op Kersdag, so ons gaan sy partytjie by ‘n plek hou.

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Al die geskenke.

Amoné van den Berg.

• Jayden Courtney:

1. Idees vir geskenke
Lego
Motorfiets vir kinders

2. Wat dink jy eet Kersvader vir Kersfees?
Koekies en melk

3. Hoe spandeer julle Kersfees hierdie jaar?
Ons gaan by die huis bly en met ons honde speel.

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Al die geskenke.

Jayden Courtney.

• Idees vir Kersgeskenke?

Dian Claassen – horlosieboks en medaljes
Miyon Fourie – nuwe kussings vir haar ma en pa
Lehia Fouché – robot vir haar boetie

• Wat is op jou Kersfees-wenslys?

Dian Claassen – daar is so baie wat hy soek maar hy kan nie alles sê nie hy gaan uitasem raak
Miyon Fourie – ‘n Babahondjie
Lehia Fouché – hasie, hondjie en ‘n katjie

• Hoe spandeer julle Kersfees hierdie jaar?

Dian Claassen – ons gaan see toe
Miyon Fourie – gaan Kersboom opslaan en persente oopmaak
Lehia Fouché – gaan Papachino’s toe

Dian Claassen.

• Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?

Dian Claassen – Die elwe
Miyon Fourie – Elvis die elwe
Lehia Fouché – wit sjokolade en ‘n teddiebeer met ‘n Kershoed

Miyon Fourie.
Lehia Fouché.

• Emma de Wet: 
1. Wat eet Kersvader?
Koekies en melk

2. Wat is op jou Kersfees-wenslys?
Plaas met baie die diere.

3. Hoe spandeer julle Kersfees?
Wanneer ons wakker word maak ons die geskenke oop.

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Om geskenke oop te maak.

• Joshua du Toit: 

1. Wat eet Kersvader?
“Chocolate chip” koekies en hasiemelk.

2. Wat is op jou Kersfees-wenslys?
Ninja mannetjie.

3. Hoe spandeer julle Kersfees?
Ons gaan kuier by my ouma in die Kaap.

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Om geskenke te kry en om by die see te wees.

Joshua du Toit.

• Marlo van Rensburg:

1. Wat gee ons vir Kersvader op Kersfees?
Briefies en koekies. Ek dink seker melkkoekies.

2. Wat is op jou Kerswenslys?
Ek sou sê ‘n Xbox, want Kersvader is ryk so hy kan enige iets vir jou gee.

3. How spandeer julle Kersfees hierdie jaar?
Ek kruip net weg agter die boom, want ek wil vir Kervader kry. Ons gaan ook na ouma en oupa toe.

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Dis wanneer almal gelukkig is.

Marlo van Rensburg.

• Liané Grape: 

1. Wat gee ons vir Kersvader op Kersfees?
Kerskoekies en ysies.

2. Wat is op jou Kersfees-wenslys?
Ek soek ‘n regte, egte babahasie. Ek hou baie van hasies.

3. Hoe spandeer julle Kersfees hierdie jaar?
Wanneer dit Kersfees is dan help ek my mamma om die Kersboom op te slaan en ek gee die balletjies vir haar. Ons is net by ons huis.

4. Waarvan hou jy die meeste as dit by Kersfees kom?
Die Kerskouse wat mens kry met geskenke in.

 

 

Related Articles

 
Back to top button