Spelers van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) Goue Leeus het Laerskool Horison besoek en met die junior spelers kennis gemaak.
Annamien Smith van die skool het verduidelik die leerders kon raad vra by die rugbyspelers, wat hulle persoonlike wenke en ervarings gedeel het. Sy het verduidelik die rugbyspelers het die belangrikheid van harde werk en toewyding om jou drome te bewaarheid, benadruk.
“Die spelers se vriendelike en opregte interaksie met die kinders het ‘n vonkel in baie ogies gesit. Laerskool Horison sê baie dankie vir die tyd wat julle aan ons kinders afgestaan het. Ons wens die VRK Goue Leeus-span alle sukses toe met die komende rugbyseisoen,” het Annemien afgesluit.
You can read the full story on our App. Download it here.