Schools

Braaf die Boerboel help kinders om dapper te wees

Solidariteit Helpende Hand het skole besoek om kinders te leer hoe om braaf te wees.

Baie mense dink dat as jy baie spiere het en sterk is, dit jou outomaties dapper maak, maar Solidariteit Helpende Hand het onlangs skole aan die Wes-Rand besoek om hierdie mite uit te wis.

Laerskool Florida-leerders saam met Braaf die Boerboel. Foto: Adéle Bloem.

Die lede van die Wes-Rand en Vaaldriehoek-streek het hulle nuwe gelukbringer, Braaf die Boerboel, aan die leerders van Laerskool Protearif, Laerskool Ebenhaeser, Laerskool Horison en Laerskool Florida gaan voorstel en hulle was met groot opgewondenheid ontvang.

Twee Horie-leerders by Braaf die Boerboel.

Die leerders het nie net vir Braaf ontmoet en wenke van hom af gekry nie, maar kon ook heerlik saam met die span dans en sing, tot groot genot van almal.

Mariette Hartley (Brafin), Braaf die Boerboel en Bionita Mienie. Foto: Adéle Bloem.

Mariette van de Werken van Solidaritiet Helpende Hand Wes-Rand en Vaaldriehoek-tak het vertel dat Baaf die Boerboel die breinkind van Boerboel Wear is, “Braaf is ‘n splinternuwe held. Hy is soos Superman, maar in kakie geklee. Met skouermantel en al, snoer Braaf kragte saam met Solidariteit Helpende Hand om na kinders se welstand om te sien.”

Laerskool Protearif se leerders het Braaf se besoek geniet. Foto: Verskaf.

Tydens die skoolbesoeke het Braaf die kinders geleer dat dit braaf is om om te gee, iets aan te pak of te probeer, al is jy bang of skaam, om vir ander maats op te staan, om nie te boelie nie en m nie slegte geheime, soos iets wat ander kan seermak of verkeerd is, vir onsself te hou nie, vir ‘n grootmens te gaan vertel sodat hulle iemand anders kan help.

Die dansers van Synergyworx saam met Braaf die Boerboel. Agter is Mariette Hartley (Brafin), Sjaan Maré Swart, Braaf die Boerboel, Tassia van Heerden en die afrigter Stephanie van der Riet. Voor is Thiana Ackermann en Macaela Davies. Foto: Adé Bloem.

Helpende Hand het ook ‘n reeks stories oor Braaf die Boerboel se dapperheid op hul webtuiste gelaai vir ouers en kinders se leesgenot. Daar is 10 stories en jy kan een per maand lees. Om hierdie stories te lees besoek https://helpendehand.co.za/braaf-die-boerboel/

Twee Laerskool Florida-leerders saam met Braaf die Boerboel. Foto: Adéle Bloem.

Mariette het bygevoeg dat hulle ook Braaf die Boerboel t-hemde het wat op www.boerboelwear.co.za beskikbaar is, “Vir elke t-hemp wat verkoop word, sal Boerboel Wear R20 aan ons skooltassie projek skenk. Hierdie is een van ons grootste projekte waar ons ‘n skooltas met al die nodige skryfbehoeftes vir ‘n Graad Een-leerder en dit dan aan behoeftige leerder skenk. Meer inligting or hierdie projek kan ook gekry word by www.tassie.co.za

Brraf die Boerboel groet een van die Laerskool Horison leerders. Foto: Chanté Bolton.

Related Articles

Back to top button