Schools

Mnr en Mej Havie gekroon

Leerders was in hul noppies toe hulle deur bekende kunstenaar en seremoniemeester vir die aand, Lee Scott aan die beoordelaars bekendgestel is.

Die leerders van Laerskool Dr Havinga het onlangs in hulle mooiste uitrustings gepronk en kon nie wag om te sien wie as vanjaar se Mnr en Mej Havie gekroon sal word nie.

Met die tema ‘Aand van Wonders’ was die skoolsaal ‘n magiese Arabiese paleis. Dié glansgeleentheid het op Woensdag, 21 September plaasgevind waartydens deelnemers hul beste voetjie op die loopplank voorgesit het.

Leerders was in hul noppies toe hulle deur bekende kunstenaar en seremoniemeester vir die aand, Lee Scott aan die beoordelaars bekendgestel is. Die beoordelaars was niemand anders nie as Leah, John Owens, Carmen Roberts, Bianca Rautenbach, Mariza Mendonca en Luna, wat ook die vermaak vir die geleentheid verskaf het.

Leerders het in verskeie kategorieë deelgeneem, naamlik Mnr en Mej Havie Petite, Mej Havie Sprankel, Mnr en Mej Havie Junior en natuurlik Mnr en Mej Havie Senior.

Alhoewel die jonger deelnemers te fraai in hul dassies en hakskoentjies gelyk het, was die hoogtepunt van die aand toe die deelnemers in die seniorafdeling gekroon is.

Die senior wenners is soos volg:
Mnr Persoonlikheid: Johno du Preez
Mnr Fotogenies: Keagan Grobler
Tweede Prins: Johno du Preez
Eerste Prins: Keagan Grobler
Mnr Havie 2022: Xian Nienaber

Mej Persoonlikheid: Omolemo Cwaile
Mej Fotogenies: Kaylee Strydom
Tweede Prinses: Lelo Matabane
Eerste Prinses: Kaylee Strydom
Mej Havie 2022: Tamlin Steyn

“Ons Mnr en Mej Havie-glansaand is altyd ‘n hoogtepunt op ons skool se kalender. Dit was lekker om na Covid weer so ‘n aand sonder enige beperkings op die planke te kon bring,” het organiseerder Elria Lennon vertel.

“Daar gaan ure se werk en beplanning in so ‘n aand wat ek nie sonder my mede-organiseerder, Esmarilda Nortje en my dekorspan onder leiding van Mornette Swanepoel sou kon doen nie. Die deelnemers het pragtig gelyk en ons is bly dat ons weer vir ons kinders die geleentheid kon gee om aan so ‘n spoggeleentheid te kon deelneem.”

Die wenners van Mnr Havie Senior. Foto: Alanicka Lotriet.
Die wenners van Mej Havie Junior. Foto: Alanicka Lotriet.
Een van die deelnemers in aksie. Foto: Alanicka Lotriet.

Related Articles

Back to top button