School sportSchools

Bea-Ann en Thembinkosie maak opslae

Bea-Ann is passievol oor die sport en kan nie wag om weer deel te neem nie.

Laerskool Horison is trots op een van hul ruiters, Bea-Ann Ehlers en haar perd, Thembinkosi wat onlangs deurgedring het na die Prelim Dressuurklas waar sy haar skool sowel as die Gauteng-Wes SANESA-span sal verteenwoordig.

Bea-Ann Ehlers en haar perd, Thembinkosi in aksie. Foto: Denford Studios.

Die byeenkoms sal op 30 Julie by die Kayalami Equestrian Park plaasvind.

Dit volg nadat Bea-Ann haar skool met groot trots en ywer by vier kwalifiseringsrondtes verteenwoordig het, en boonop na die tweede kwalifiseringsrondte van haar perd afgeval het. Sy het dus bewys dat enige iets moontlik is met harde werk en uithouvermoƫ.

Die passievolle ruiter het in die proses 800 punte in die Dressuurklas opgestapel. Sy het ook ‘n gemiddeld van tussen 62.5% en 70% behaal.

Bea-Ann Ehlers in aksie. Foto: Denford Studios.

Alhoewel Bea-Ann en Thembinkosi maar net agt maande lank ‘n span is, het hul sommer gou naam gemaak op die baan.

Die Horie-familie is trots op die twee en wens hulle alle sterkte toe vir die komende byeenkoms.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button