Local newsUpdate

‘Ons was nog nie gereed om te groet nie’

George Wilhelm se skielike afsterwe laat groot leemte in die lewens van sy gesin.

Die nuus van George Wilhelm se afsterwe op 10 Mei het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en vir Christa Piater en haar kinders, Destenay Martins en Boeta Piater, sal dit ‘n dag wees waaraan hulle met bittersoet herinneringe terug dink.

“Dit voel onwerklik om te dink George is nie meer hier nie, hy was vir 20 jaar deel van ons lewens en nou is sy plek leeg,” het Christa gesê. Sy het bygevoeg dat sy altyd geweet het hulle deel hom met baie mense, maar het nooit kon dink sy impak op die gemeenskap was so groot nie.

“George was, wanneer hy by die huis was, net George. Hy was sag, laf met ons, soms ernstig, en ons het baie lekker saam gelag en pret tye saam gehad. Hy was ‘n normale persoon in huislike omstandighede, iemand wat ons beskerm het, raad gegee het, en bo alles lief gehad het,” het sy bygevoeg.

George Wilhelm, Destenay Martins, Christa Piater en Boeta Piater. Foto: Verskaf.

Sy het vir George beskryf as iemand wat ‘n sagte kant gehad het, maar hy was nie ‘n walk over nie, “Ek kon hom om my pinkie draai, maar hy sou nooit iets doen wat hy nie wou nie, en het sy voet neergesit waar hy moes. Hy het presies geweet wat hy wou hê. Hy was baie gesteld op sy voorkoms, en het altyd gestreef om te groei; in sy persoonlike lewe, maar ook in sy beroep. Opvoeding was vir hom baie belangrik, en hy het nog baie doelwitte gehad wat hy nog wou behaal. Maar, hy het nooit gedink hy is beter as ander nie, en het ook nooit vergeet waar hy vandaan kom nie.”

Christa sê George was iemand wat altyd baie liefde daarvoor was om te gee, “Hy het altyd almal gehelp en het altyd tyd vir ander mense gehad, maak nie saak waar ons was nie. Almal sê hy was ‘n groot man met ‘n klein hart, maar eintlik het hy ‘n baie groot hart gehad.”

• Lees ook: Skielike afsterwe laat groot leemte

George se afsterwe laat ‘n groot leemte en Christa het gesê, “Wat ek die meeste van hom gaan mis is sy liefde vir my, en ook vir sy diere.”

Destenay het vertel dat sy altyd dankbaar sal wees vir die 20 jaar wat hy deel van hulle lewens was.

“Jy was vir ons ‘n pa en ‘n vriend, ons kon enige iets met jou deel. Jy was nog altyd ‘n veilige vesting en het ons beskerm. Dankie dat jy ons grootgemaak het met waardes en respek en geleer het om vir onsself op te staan. Ek mis jou reeds so baie, asseblief kyk na ons, ons het jou nodig. Ek is onbeskryflik lief vir jou en jy sal vir ewig in my hart wees.”

George Wilhelm se begrafnisdiens. Foto’s: Adéle Bloem.

Boeta het bygevoeg, “Ek het nooit gehoop om hierdie dag te beleef nie; vir 20 jaar was jy deel van my lewe. Jy het my geheime geweet, my raad gegee en my altyd ondersteun. Dankie vir die manier hoe jy my groot gemaak het, en vir die dinge wat ek by jou kon leer. Jy het my in ‘n mooi man gevorm, dankie daarvoor. Ek gaan jou stem en drukkies mis, jy is my 0 2 Hero. Baie lief vir jou, jou yster.”

• Lees ook: WATCH: Goodbye, gentle giant

JMPD lede tydens George Wilhelm se begrafnisdiens.

Destenay glo dat George se nalatenskap vir elke persoon ‘n ander betekenis het, “Die gemeenskap het gewys wat sy nalatenskap was, niks wat ons sê, kan dit beskryf nie. Elkeen sal sy spesiale karakter en die impak wat hy op hul lewe gehad het, onthou. Hy was one of a kind. Die manier wat sy dood die gemeenskap geraak het, wys dat hy regtig hierdie groot legend was wat hy altyd gedink het hy is. Ek dink nie mense sal hom ooit vergeet nie.”

Hierdie impak was ook duidelik sigbaar in die manier waarop George se lewe gevier is. Op 19 Mei is daar ‘n stoet by sy huis verby, op 20 Mei was daar ‘n herinneringsdiens wat deur die JMPD gereël is en op 22 Mei is hy uit die NG Kerk Roodekrans begrawe. Hierdie diens is deur familie, vriende asook sy kollegas bygewoon.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button