KYK: Son sak op ‘n suksesvolle Sonneblomfees

Die afgelope naweek het honderde mense op Casalinga toegesak vir die Sonneblomfees.

Afrikaanse musiekliefhebbers het in hul honderde die afgelope naweek op Casalinga in Muldersdrif toegsak vir die kans om hul gunsteling musikante in lewende lywe op die verhoog te aanskou.

Die Sonneblomfees, aangebied deur bekende akteur Alvin Bruinders en sy vrou Anrika, se klank en verhoogproduksiemaatskappy, HQ Sound Solutions, beloof om ‘n hoogtepunt op die plaaslike musiekfeeskalender te word.

Droomsindroom na hul energieke stel by die Sonneblomfees.

Die fees het alles gebied wat musiekliefhebbers voor kon vra; ‘n massiewe verhoog, topgehalte klank, en die grootste sterre in die Afrikaanse musiekbedryf.

Almal se gunsteling, Snotkop op die verhoog by die Sonneblomfees.

Hierdie jaar se fees het seepglad verloop, en besoeke deur gemengde gevegkunskampioen Dricus du Plessis, spelers van die Goue Leeus rugbyspan, en sosialemediaster Sami Hall was maar die begin van die aksie.

UFC wêreldkampioen Drikus du Plessis.

Die fees het met plaaslike platejoggie, DJ Jackson, afgeskop, gevolg deur DJ Two Tone. Die VanCoet Band, Die Piesangskille, en Justin Vega het die oggendrooster uitgevul.

Teen die tyd dat Droomsindroom so skuins na vyfuur die verhoog betree het, het die ergste sonskyn net agter die massiewe verhoog verdwyn. Feesgangers, wat hoofsaaklik tot op hierdie punt skuiling teen die hitte gesoek het, het nie op hulle laat wag nie en het in hul honderde na vore getree en elke lied uit volle bors saamgesing.

Sosialemedia ster, Sami Hall.

Die Heuwels Fantasties was volgende en is met nog groter entoesiasme ontvang. Snotkop se energieke stel word gevolg deur ‘n indukwekkende laservertoning, en toe is dit tyd vir die hoogtepunt van die aand, Early B.

Donna en Hermien Lourens.

“Ons poog om hierdie fees jaarliks die grootste gebeurtenis op die plaaslike musiekkalender te maak,” sê ‘n stralende Alvin.

Kerstin Kotze, Abegail Visagie, en Eddie Wiid.

“Gemeet aan hoe dinge vandag gegaan het, gaan mense beslis nie vinnig vergeet wat hier gebeur het nie. Ons kon nie vir beter gevra het nie.”

Geliefde akteur en feeseienaar Alvin Bruinders en sy vrou en mede-feesorganiseerder, Anrika.
Lede van die Leeus rugbyspan het by die Sonneblomfees saam met aanhangers gekuier.
Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties op die verhoog.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version