Local news

Plaaslike skool neem afskeid van geliefde werknemer

Werknemers van Laerskool Helderkruin deel hul meegevoel oor die verlies van Jacob Chaka.

Laerskool Helderkruin betreur die afsterwe van een van hulle werkers, Jacob Chaka, na 12 jaar se diens by die skool.

Eddie du Plessis, die skool se faktotum het gesê: “Hy was ongelooflik geliefd onder die personeel gewees. Hy was baie vriendelik, pligsgetrou en altyd trots op sy werk.”

Hy het verduidelik die verfwerk op die skoolterrein was spesifiek sy verantwoordelikheid. Hy was ook ‘n baie deeglike verwer. Hy gaan aan om te sê mens hoef net na die skoolterrrein te kyk om Jacob se goeie werk raak te sien en het bygevoeg niemand het ooit ‘n slegte woord oor hom te sê gehad nie.

“Hy was altyd ‘n staatmaker en hy het nooit geskroom om te help nie,” het Eddie genoem.

• ‘n Paar onderwysers by die skool het ook hul meegevoel gedeel oor Jacob se afsterwe:

Linda Coulson het gesê, “Hy was ‘n superster! Hy het altyd die ekstra myl geloop. My hart is so seer.”

Chantelle van der Merwe het bygevoeg, “Dis baie hartseer nuus. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad. Ek dink aan sy familie.”

Carlé Bruytenbach het haar meegevoel gedeel, “Ek is jammer. Jacob was voorwaar ‘n ou staatmaker gewees. Ons dra sy familie op in ons gebede.”

Melinda Nel het gesê, “Hy was altyd bereid om te help. So jammer om te hoor!”

Heidi Lategan het afgesluit deur te sê, “Dis ‘n groot hartseer. Hy het altyd ‘n glimlag gehad en hy was baie behulpsaam. My simpatie aan die familie.”

Related Articles

 
Back to top button