Jong stemme deel hulle planne vir die vakansie

Oraloor gons dit met opgewondenheid vir die Kerstyd en 'n paar jonges vertel van hulle planne vir die vakansie tydperk.

Leerders van Laerskool Dr Havinga deel hulle planne vir die Kersvakansie.

“Ek kan nie wag vir die vakansie nie! Want dan is leer vir die eksamen verby. Daar is dan tyd om saam my Pa te swem en te oefen. Volgende jaar is ek in graad ses en ek sien die meeste uit na die rugby!” vertel Jayden Lennon.

Jayden Lennon. Foto: Verskaf.

“Ek sien uit na die vakansie om te rus en te speel. My Ouma en Oupa kom kuier en dit maak my opgewonde! Ons gaan plaas toe in die Vrystaat en daar is baie lekkers,” het Rea Molale vertel.

Rea Molale. Foto: Verskaf.

Jaydeen Henstock vertel van haar planne tydens die vakansie: “Swem saam my niggie en my hond, ek kan nie wag nie! Ek sien baie uit na graad ses en om nuwe maats te maak. Ek gaan vir myself positiewe mikpunte stel.”

“Oe ek is opgewonde oor graad ses, maar eers gaan ek lekker vakansie hou en saam my vriendinne kuier. Ek sien uit om die nuwe juffrouens te ontmoet, hulle sal sien ek is soet,” het Lindelwa Shencane gesê.

Lindelwa Shenxane. Foto: Verskaf.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version