Local news

Kersseisoen verwelkom met opera

NG gemeente was in vir n 'treat' by die kerk se jaarlikse Somerfees en ore was gestreel met lieflike klassieke opera.

Die gemeente van die NG Kerk Horison-Noord was in vir ‘n bederf by die kerk se jaarlikse Somerfees op 25 November toe die Black Tie Ensemble die gemeente se ore met Kersliedere gestreel het.

Voormalige sangers van die bekende Black Tie Ensemble soos Mziyanda Zitha (bas-bariton), begeleier Susan Steenkamp-Swanepoel, Vera-Marie Meyer (mezzo-sopraan), Thabiso Masemene (tenoor) en Neo Senekal (mezzo-soprano) was deel van hierdie besonderse opera ensemble.

Die Ensemble tydens hulle ‘Joy to the world’ optrede.

In 1998 het Mimi Coertse, Suid-Afrika se bekende operasanger, en Neels Hansen, ‘n gevierde operaregisseur die Black Tie Ensemble gestig – ‘n ontwikkelingsprojek wat jong, klassieke opgeleide sangers in staat stel om die gaping tussen opleiding en professionele optrede te oorbrug. Hierdie projek het ontwikkel tot die opwindendste klassieke sangensemble in Suid-Afrika.

Volgens Stephan de Lange, die kerk se bemarkingsbeampte, het die groep van 12 nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd gehore bekoor, maar weens finansiële probleme het die groep ontbind. Loveline Madumo het egter besluit om voort te gaan en die Loveline Arts Foundation – ‘n nie-winsgewende maatskappy – gestig om uit te reik na gemeenskappe. Deur gereelde geleenthede vir opvoerings vir jong opkommende kunstenaars te skep beoog die organisasie om gemeenskappe op te hef en verenig deur sang.

Thabiso Masemane (tenoor) tydens sy gedeelte vir die ensemble se ‘Ave Maria’ optrede.

“Dit was ‘n voorreg om hierdie groep vir die eerste keer in Roodepoort te kon hoor. Dit was ‘n baie besonderse somer Kersfees uitvoering van gewilde klassieke en bekende Kersliedere,” het Stephan gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button