Local news

Gemeenskapslede kry ondersoeke vir gesondheidsbewusmakingsdag

Inwoners van Witpoortjie Retirement Village asook die publiek het die geleentheid gekry om hulle gesondheid na te gaan.

Witpoortjie Retirement Village het ‘n gesondheidsbewusmakingsdag vir hulle inwoners, asook enige persone in die gemeenskap, op 15 November gehou.

Sister Elise Meyburgh, Ofentse Senne, Jonathan Botha en Magdeline Mokaiwa.

Dawie Lee, bestuurder by die aftreeoord, het verduidelik die idee vir die dag het van Matrone Anna Khunwani gekom en saam het hulle die gesondheidsgemeenskap betrek.

Marga Scheepers toets ‘n besoeker se suiker.

“Die inwoners en personeel het dit baie geniet en vir baie van ons was dit ‘n openbaring oor ons leefstyl en ongesonde gewoontes wat ons met die tyd aangekweek het,” het Dawie verduidelik.

Starajean Artman en Paiki Morobane.

ER 24, asook Local Choice Pharmacy, het mense se suiker en bloeddruk getoets, terwyl Unique Health en LV Nutritional Products mense raad gegee het oor hulle algemene gesondheid.

Elmari Marais en Annemarie Labuschagne.

Hy het genoem dat hulle voor Covid-19 soortgelyke dae gehou het, maar dit was nie so suksesvol soos hierdie jaar s’n nie, en het bygevoeg dat hy glo dit is omdat mense nou meer gesondheidsbewus is na die pandemie.

Tonya Visser toets Joy de Jager se suiker.

Hy het afgesluit deur te sê dat hulle beoog om minstens twee keer ‘n jaar soortgelyke dae te hou om hulle inwoners die geleentheid te gee om geassesseer te word.

Anya Viljoen gee raad aan Betsie Potgieter.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button