Local news

Plaaslike kunstenaar deel haar talent

Plaaslike kunstenaar geniet dit om haar kreatiwiteit deur kuns uit te laat.

Antoinette van Niekerk het 13 jaar gelede vir die eerste keer ‘n kwas in die hand en doek voor haar gehad en kan nou met trots haar kunswerke met medekunstenaars en haar gemeenskap deel.

“Skilder was een van die vele dinge wat ek graag wou leer doen. Ek het ‘n kliënt gehad wat my informeel klas gegee het in 2010,” vertel sy.

Sy verduidelik dat daardie eerste beweging van kwas op doek vir haar die moeilikste ding was.
“Wat as dit nie reg is nie? Ek kan dit nie uitvee nie!” bieg sy.

Gepraat van inspirasie en kunstige intuïsie, Antoinette wou alles probeer wat haar oog gevang het.

“’n Mooi sonsondergange, berge, mooi uitsigte en water,” noem sy.

Sy kyk ook graag YouTube video’s om verskillende tegnieke te leer. Sy oefen tot dat sy dit reg kry. Sy vertel dat mens nooit bang moet wees om nuwe dinge te doen nie en haar motto is ‘moenie dink nie, doen net’.

“Laat gevoel jou lei. Perfek? Nee dit is nie, maar geniet elke oomblik daarvan.”

Sy geniet dit om met olieverf te werk omdat dit langer vat om droog te word.

“Ek is mal oor die nat op nat tegnieke van Bob Ross. Ek geniet die see en beweging van water. Ek sukkel nog om dit tjop-tjop reg te kry. Dit vat tyd en lae verf en opbou. Nou moet ek bysê dat ek muurskilderye ook geniet. Dis totaal anders en ek verf dit baie los,” verduidelik sy.

Aan haar medekunstenaars en kreatiewe-siele laat sy hierdie woorde: “As jy iets doen waarvan jy hou, moenie ophou nie. Probeer alles leer, moenie bang wees vir nuwe dinge nie. Belangrikste, geniet elke oomblik en ‘you are your own strongest critic’. Niemand kan vir jou sê wat is reg en verkeerd nie. Ons maak die lewe meer kleurvol al is dit net vir onsself.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button