Laerskool Horison se grondslagfase het onlangs ‘n entrepreneursdag gehou.
Kinders en ouers het op 27 Oktober hulle talent vir verkope uitgestal. Al die produkte wat aangebied was is eerder handgemaak of tuisgemaak, geen winkel vervaardigde goedere nie. Elke leerder kon 60 items verkoop wat alles minder as R30 gekos het.
Produkte het gewissel van lekkergoed tot springmielies en self ballonne en tuisgemaakte juwele.