Gereformeerde Kerk Ontdekkers hou kunsmark

Roodepoort kerk geniet 'n kunsdag saam met sy gemeenskap.

Dit was ‘n dag gevul met tuisgebakte koekies, roosterkoeke, kunswerke en pannekoeke.

Die Gereformeerde Kerk Ontdekkers se mark het die gemeenskap bymekaar gebring voor die Bokke se groot Rugby Wêreldbekereindstryd teen die All Blacks. Plaaslike kunstenaars en handwerkers het ‘n geleentheid gehad om hulle skeppings op die kerkgronde uit te stal en hulle talent met die res van die gemeenskap te deel.

Gradgual Mamand en Jenny Hunsley.

Buiten die geleentheid om ‘n paar unieke produkte te koop, het die mark ook vir die lede van die gemeenskap ‘n kans gegee om mekaar beter te leer ken, sowel as die kerkraad en kerkgangers te ontmoet.

Hendrik Stoltz en Henk Krüger het die roosterkoeke gebraai.

Die kerkraad bedank graag hul gemeenskap vir die ondersteuning en samesyn – dié dag was ‘n groot sukses.

Lariska Naudé saam met haar hand gemaakte baba speelgoed.
Wendy Grainger saam met Antoinette van Niekerk.
Debbie Coulter.
Exit mobile version