Local news

Plaaslike kerk hou jaarlikse basaar met karnaval tema

Almal het hulle gate uit geniet by die verskeidenheid van vermaaklikhede by die kerk

Die NG Kerk Witpoortjie het hulle jaarlikse basaar met ‘n ‘anderse tema gevier.

Voorsitter en sameroeper van die basaar, Maureen Jordaan het verduidelik dat sy bietjie iets anders wou doen as die gewone en het daarom besluit op die karnaval tema.

Chrizane van Eeden.

“Behalwe vir die kosstalletjies, was daar ook ‘n biertuin en ‘n pretpark wat op Laerskool Dr Havinga se velde gehou is vir die jong klomp. Daar was selfs ook ‘n poppekas gehou deur Jakkie Louw voor sy groot vertoning die aand,” het ds Rudolph Botha verduidelik.

MaryAnn Oosthuizen en Marietjie Visser.

Maureen het bygevoeg dat daar ook ‘n sokkie gehou was vir die jeuggroep die aand voor die basaar.

Jenny Ludick.
Mathinus Gey van Pittius, Marli Botha en Rina Gey van Pittius.

Related Articles

 
Back to top button