Local news

Plaaslike inwoner vier ‘n mylpaal verjaarsdag

Op 95 is Miemie steeds nederig met 'n hart vol omgee.

Op 95 is Miemie van der Merwe steeds op en wakker.

Op 29 September het Miemie, ‘n jarelange inwoner van Roodepoort, 95 jaar oud geword.

Sy sê sy kan nie verduidelik hoe dit voel om hierdie mylpaal in haar lewe te bereik nie. Liggaamlik voel sy haar ouderdom, maar haar kop voel dit nie.

Sy sê waarop sy die trotste is, is die liefde wat sy vir mense gegee het.

Miemie is al vir 31 jaar ‘n inwoner by die Tornado Park Aftree-oord en het eers by die saal gewerk en toe as voorsitter. Sy het self aerobiese klasse aangebied by die sentrum.

Sy is in die Roodepoort area gebore, waarna sy plaas toe getrek en nou sluit sy weer haar lewe hier in Roodepoort af.

Aan die jonger generasie sê sy, “Julle moet mekaar verstaan en liefhê en julle moet glo.”

Miemie is geseën met drie kinders, ses kleinkinders en vier agterkleinkinders, waarvan twee op dieselfde dag gebore is. Sy het gelag en gesê, “Mense kyk my altyd so snaaks aan wanneer ek sê ek het ‘n tweeling, maar hulle het verskillende ma’s.”

Sy het afgesluit, “Ek het ‘n huisie vol genade, seëninge en dankbaarheid en daarsonder kan mens nie bestaan nie.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button