Laerskool Florida vier kleurvolle Erfenisdag met massaproduksie

Florrie leerders het Erfenisdag gevier deur 'n trotse Suid-Afrikaanse massaproduksie op te voer.

Laerskool Florida het op Erfenisdag trotse Suid-Afrikaanse kultuur gevier deur ‘n massaproduksie te hou.

Volgens die revue koördineerder, Cornel Mouton het die hele skool in die produksie deelgeneem en sê dat hulle as skool baie trots is op almal.

Toekomstige natuurbewaarders.

“Baie dankie aan elke Florrie, ouers, borg, asook ons gemeenskap wat hierdie vlug moontlik gemaak het. Ons het hoog gevlieg en avoture ingekleur wat bestaan het uit lag, dans, sing, beweeg en kindwees. Dit was ‘n voorreg en ons sien uit om te droom oor ons volgende kultuur hoogtepunt,” het Cornel gesê.

Die revue was gevier in trotse Suid-Afrikaanse styl.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version