Local newsSchools
Laerskool Horison spog met graad sewe entrepreneursdag!
Laerskool Horison se graad sewes het op 1 September aan 'n entrepreneursdag deelgeneem.
Die graad sewe-leerders van Laerskool Horison het op 1 September die geleentheid gehad om hulle sakevernuf op die proef te stel tydens die jaarlikse entrepreneursdag. Die leerders moes self marknavorsing en bemarking doen en ook hulle eie sakeplan opstel.
Hulle moes ook hulle eie produkte en stalletjies ontwerp en maak. Op die dag het hulle die geleentheid gehad om hulle produkte bekend te stel en te verkoop.
Volgens Laerskool Horison se kommunikasiebeampte, Annamien Smith het die leerders baie interessante en oorspronklike produkte gehad en die dag was ‘n groot sukses. Die leerders is vir hulle harde werk beloon met ‘n mooi wins vir die dag.
You can read the full story on our App. Download it here.