Local news

Plaaslike kerk hou motorfiets- en motorskou

Bring die hele gesin en geniet die dag saam met 'n ietsie vir jonk en oud by die kerk se Lentefees.

NG Gemeente Horison-Noord hou op 2 September vanaf 08:00 tot 14:00 ‘n Lentefees met ‘n motorfiets- en klassieke motorskou.

Die skou sal lekker kos, insluitende vetkoeke, pannekoeke, jaffels, boereworsolle, koffie, tee, koeldrank en koek te koop hê. Verder sal daar ook ‘n vlooimark wees met ‘n ietsie vir almal.

Lentefees by NG Gemeente Horison – Noord. Foto: Verskaf.

Geniet die dag saam met plaasdiere wat die kinders kan ontmoet en voer. Daar sal natuurlik ook miniature perdjies wees om op te ry. Die fees sal ook ‘n verskeidenheid van vermaak aanbied, insluitend ‘n boereorkes, dans- en gimnastiek items.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button