Local news

Roodepoort paartjie al vir 55 jaar getroud

Na meer as 'n halfeeu is dié plaaslike egpaar nog steeds getroud en gelukkig.

Na 55 jaar van getroude lewe is die Van Zyls nog net so gelukkig soos die dag wat hul ewige trou aan mekaar beloof het.

Frikkie en Linda van Zyl is op 27 Julie 1968 getroud en vier hierdie jaar hulle 55ste huweliksherdenking.

In 1981 het hulle na hul geliefde dorpie teruggekeer, nadat hulle vir 10 jaar in Parys woonagtig was en is vir die laaste 42 jaar nog baie gelukkig in Roodepoort.

Hul seun, Frik van Zyl het sê, “Ons dierbare ouers, dit is vir ons ‘n wonderlike voorreg as jul kinders om ‘n ouerpaar te hê wat so ‘n kosbare voorbeeld vir ons stel.

“Julle het ons geleer wat ware liefde is, maak nie saak hoe goed of sleg dit gegaan het nie. Dankie vir die Christlike opvoeding waarmee julle ons grootgemaak het en dankie vir alles wat julle vir ons beteken, steeds beteken, en nog baie jare vorentoe gaan beteken. Ons sal geen ander ouers in die wêreld wil hê as julle nie.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button