EntertainmentLocal news

Vet pret en musiek genot by Tekkiesfees

Feesgangers sowel as die kunstenaars betrokke is gevra om soveel tweedehandse tekkies of skoene moontlik in te samel vir liefdadigheid.

Hoƫrskool en Laerskool Florida het die gemeenskap se tekkies figuurlik aan die brand gehad by hulle Tekkiesfees die naweek.

Die skool, in samewerking met Solidariteit se Helpende Hand, is die stigters van die fees en het gemik daarop om ‘n dag vol familie pret en goeie musiek aan te bied, maar die hoofdoel van die dag was dat feesgangers, sowel as die kunstenaars betrokke, soveel tweedehandse tekkies of skoene moontlik skenk vir liefdadigheid.

Adrian van der Werken, Adriaan en Tanya Cilliers saam met Mariette van der Werken van Helpende Hand – die beginstigters van die Tekkiesfees.

Die skoene was oorhandig aan Helpende Hand waar dit verdeel sal word tussen die behoeftiges in hulle sorg.

Lisa le Roux en Michael Marchant.

Kunstenaars soos Coenraad Joubert, Jan Matthys van Lill, Barto Swiegers, Droomsindroom, Irene-Louise van Wyk en Louw van den Heever het by die fees opgetree.

Bernardo Botha, Mecyla Fritz, Leah Okkers en Monique Oelofse.

Die fees was perfek vir families met klein kinders ā€“ daar was talle springkastele en speelgoedstalletjies om hulle besig te hou sowel as kosstalletjies met ‘n verskeidenheid warm verversings om die koue weer te tem.

Rianna Pretorius.

Related Articles

 
Back to top button