Local newsSchool sport

Kailum poog vir SA-kleure

Kailum het sy Gauteng-kleure, nou mik hy nog hoër.

Kailum Baburam, ‘n leerder van Laerskool Dr Havinga het sy Gauteng-kleure verwerf vir Kata en Kumite in karate.

Vandat hy ses jaar oud is doen Kailum al karate en oor hierdie prestasie sê hy, hy voel baie trots op homself. Hy vertel hy het amper goud verwerf vir Kata en het vir die eerste keer aan Kumite deelgeneem.

Volgens Kailum is karate vir hom ‘n goeie sport om te beoefen aangesien dit mens dissipline leer en verder ook hoe om jouself te verdedig, om hierdie redes sal hy dit ook aan ander aan beveel.

Volgende wil hy graag sy SA-kleure kry, aangesien hy dan Suid-Afrika kan verteenwoordig in Mauritius.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button