Witpoortjie — Skole van regoor die Wes-Rand het op Saterdag, 20 Mei by Laerskool Dr Havinga se sportvelde bymekaargekom om ‘n dag van mini-rugby, mini-netbal en tonne pret te geniet!
Hierdie byeenkoms het verskeie vermaaklike aktiwiteite verskaf vir diegene wat nie deelgeneem het aan die sport aktiwiteite nie. Van ‘n skietbaan vir verfbalgewere tot ‘n lekker visvang aktiwiteit met magnete en toutjies vir die kleintjies.
Dit was sonder twyfel ‘n suksesvolle dag; die veld was propvol mense wat elkeen hulle skool ondersteun. Kinders het rond gehardloop met spookasem, skyfie-stokkies en pannekoek terwyl hulle ouers hulle aanskou.
You can read the full story on our App. Download it here.