EntertainmentKidsLifestyleLocal news

Ontmoet die jong Mnr Westrand, Willem Coetzee

Nog jonk, maar reeds besig om 'n verskil te maak.

Willem Coetzee, 8, is nog maar net ‘n kind, maar neem reeds die skoonheidskompetisie wêreld op horings.

Oor sy titel as Mr Westrand het Willem gesê, “Dit is nog baie onwerklik my hele reis deur het ek hard gewerk vir die Mnr Krugersdorp-titel. Ek het geweet ek is nog te klein vir Mnr Westrand, min wetend dat hulle ‘n spesiale titel gaan maak net vir my. Dit is die heel eerste keer wat Infinity Pageants die titel gebruik. En ek voel geeërd om die titel te kan hê.”

Also read: Mnr en Mej Havie gekroon

Willem Coetzee. Photo: Supplied.

Willem neem in April weer deel aan ‘n skoonheidskompetisie, hierdie keer die Mr Royal World South Africa en will ook aan Mr Johannesburg en Mr Central South Africa deelneem. Verder beoog hy om aan meer liefdadigheid gedrewe kompetisies deel te neem.

Also read: Roodepark Mr and Ms Valentine’s crowned

Willem Coetzee. Photo: Supplied.

Rakende sy doel met skoonheidskompetisies sê Willem, “Gedurende die finalis-reis het ek agter gekom dat soveel kinders aan geraak word deur armoede, dwelms en drank. Ek wil graag my titel gebruik om die stem te wees vir kinders wat nie ‘n stem het nie. Ek wil diep spore trap en bewys dat al is jy net 122cm lank, jy ‘n verskil kan maak. Ek het my heel eerste kompetisie gedoen Mnr en Mej Havie, en weggestap met die titel van eerste prins. Daarna het ek gesien dat ek ‘n passie het daarvoor en om mense deur skoonheidskompetisies te kan help is vir my die kersie op die koek.

“Dankie vir almal se bystand, liefde en omgee. Onthou ek is bewyse dat al is jy klein jy wél ‘n verskil kan maak,” het Willem afgesluit.

Related Articles

Back to top button