Ons Plek Horison vier eerste verjaarsdag!

Die naskoolsentrum spog tans met 18 maatjies wat geregistreer is.

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Horison Naskoolsentrum het onlangs een jaar oud geword!
Die verjaarsdagvieringe het om 14:00 op 16 Maart by die Gereformeerde Kerk Ontdekkers plaasgevind.

Lees ook: Leukemia survivor uses his second chance at life to help the community around him

Ivana Meyer en Suzette Oosthuizen.
Jolien Labuschange en Ivana Meyer

Die sprekers vir die dag was Hannes Noëth, Suzette Oosthuizen en Ivana Meyer. Die gaste was uitgenooi om die middag saam Ons Plek Horison te spandeer en lekker saam die kinders speletjies te speel, foto’s te neem, te sing en dans.

Lees ook: Make a difference in your community in 2023

Hannes het gesels oor Solidariteit Helpende Hand se waardes en hoe hulle ‘n verskil in die middelklas maak deur om jongmense te help ontwikkel, oplei en dan ophef in die gemeenskap.

Antoinette Deysel, Suzette Oosthuizen, Ivana Meyer, Mariette van de Werken.
Kira Noortman.

Suzette, Hoof van Nasionale Projekte, het gesels oor die impak wat Ons Plek sentrums op die jeug en sodoende die gemeenskap as ‘n geheel het, en Ivana, Ons Plek Horison se Waarnemende Bestuurder, het die gemeenskap, ouers en die Helpende Hand bestuurders bedank vir die geleentheid om haar droom vir die naskoolsentrum te verwesenlik.

Die naskoolsentrum spog tans met 18 maatjies wat geregistreer is.

Ivana Meyer en Yolandi Serfontein.

“Ons Plek Horison is ‘n gemeenskapsprojek waar gemeenskapslede tot die volhoubaarheid van hierdie diens bydra en voorspoed vir elke kind kan help verseker,” het Ivana af gesluit.

Exit mobile version