KidsLocal newsPrimary School

Kruiners verwelkom sy nuwe graad 1-maatjies

Hier is hulle, Kruiners se Graad 1-groep van 2023. Party het met 'n huppel in hul stap opgedaag en sommer vinnig-vinnig van hul ouers vergeet. Vir ander, het die trane geloop en hy of sy aan pa vasgeklou asof hulle weermag toe gaan.

Honderde nuwe graad 1-leerders is op Dinsdag, 10 Januarie by Laerskool Helderkuin vir die 2023-skooljaar verwelkom.

Nicolene, Joshua en Gerrie Wolfaardt.
Ruan Steyn saam met sy mamma, Natasha.
Mark en sy seun Logan Golombick.

Party graadeen-paddabene het met ‘n huppel in hul stap opgedaag en sommer vinnig-vinnig van hul ouers vergeet. Vir ander, het die trane geloop en aan pa of ma vasgeklou asof hulle weermag toe gaan.

Lizelle, Jean en Clinton Botha.
Ursula Niehaus saam met haar ouma Ursula Kilian wie al die pad van PE af gekom het.
Norman Twala en Xoli Ndebele.

Lees ook: Excited Grade 1’s talk about starting school

Sulke traantrekker-oomblikke is juis voorspel en het die skool se leiers van 2023 voorsienning gemaak deur vir mamma ‘n pakkie tissues te verskaf met die boodskap op ‘Liewe mamma. Ons verstaan …’

Alhoewel dit nie die eerste amptelike skooldag was nie, slegs oriëntering, het skoolhoof Peet Badenhorst verduidelik, “Ons begin bietjie vroëer met die graad RR, R’e en 1’s sodat hulle die skool beter kan leer ken en, soos die Engelsman sal sê, shake off the first day jitters.

Joshua Wolfaardt, Luan Swanepoel en Jean Botha is reeds maatjies.
Susan van der Walt saam met haar dogter, Susan.
Chané, Leon Jnr en Leon Snr Clarke.

Lees ook: GDE confirms 268 192 Grade 1 and 8 learners already placed for 2023

“Die eerste dag van grootskool kan vir kinders oorweldegend en vir ouers senuweeagtig wees, maar by Kruiners is ons ‘n familie. U kind is in goeie hande en wanneer u kind afgelaai word is die juffrou soos ‘n tweede mamma … die kind moet steeds homself wees en dit geniet.”

Chánell Botha saam met haar seun Luan.
Mark Pienaar saam met sy vrou Michelle en hul dogter, Isabella.
Christa Swanepoel saam met Luan.

Die graad 4’s het ook oriëntering gehad en volgens Peet is dit selfs vir hulle ‘n groot stap gewees aangesien hul grondslagfase heeltemal verby is.

“Hulle wissel nou klasse en skryf toets so die verantwoordelikheid is groter.”

Om af te sluit het die hoof gesê alles het goed verloop en hulle sien uit na ‘n skouer-aan-die-wiel jaar.

Anette Swanepoel saam met Danika.
Theodore Tshishonga saam met haar dogter Sara-Lee.
Shezara, Ninke en Eliana (Kleinsus) vd Merwe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button