EntertainmentLocal news

Inwoner spog met debuut-jeugroman

Wat begin het as 'n roman oor 'n 17-jarige muurblom met 'n eetversteuring, het ontvou in 'n kombinasie van 'n liefdesverhaal en 'n hardloopgids vir sofapokkels.

Plaaslike inwoner, Bernadine Lightfoot, 45 het onlangs ‘n jeugroman met ‘n opwindende kinkel vrygestel. Na drie maande in wording is haar boek, getiteld Hol! uiteindelik in Augustus vrygestel.

Volgens Lightfoot beloof dié leesstof om veral tieners en jong volwassenes te boei. Wat begin as ‘n roman oor ‘n 17-jarige muurblom met ‘n eetversteuring, ontvou in ‘n kombinasie van ‘n liefdesverhaal en ‘n hardloopgids vir sofapokkels.

“Dis ‘n hardloopgids verdoesel in ‘n roman. Dit bevat hardloopwenke, intrige, resepte en natuurlik romanse. Die doel is om rusbankruspes te inspireer en toe te rus met die nodige kennis om ‘n verandering te maak,” het sy vertel.

Bernadine Lightfoot gesels oor haar debuut-jeugroman, Hol!. Foto: Alanicka Lotriet.
Bernadine Lightfoot gesels oor haar debuut-jeugroman, Hol!. Foto: Alanicka Lotriet.

Die passievolle skrywer vertel dat sy nog altyd ‘n liefde gehad het vir skryf.

“Ek skryf al van laerskool af en het graag my stories met almal gedeel. Jare later dien ek my eerste kortverhaal by die Rooi Rose tydskrif in, en keur hul dit nogal goed vir publikasie. Toe hul egter my tweede kortverhaal afkeur, het ek sommer besluit ek skryf nooit weer nie,” het Lightfoot laggend vertel.

Alhoewel sy vir ‘n paar jaar geweier het om die pen weer op te neem, het sy vinnig ander liefdes ontdek – onderwys en hardloop. Lightfoot vertel dat sy vir ‘n paar jaar onderwys gegee het, waarna sy ‘n Pilates-instrukteur was.

Bernadine Lightfoot gesels oor haar debuut-jeugroman, Hol!. Foto: Alanicka Lotriet.
Bernadine Lightfoot gesels oor haar debuut-jeugroman, Hol!. Foto: Alanicka Lotriet.

Nodeloos om te sê het haar skryf-vonk weer opgevlam en was haar debuut-jeugroman deur haar liefde vir kinders en gesond-wees aangevuur.

“Ek was self ‘n oorgewig tiener en het eers later in my lewe begin hardloop en die voordele daarvan begin geniet. Ek dink nie mense besef altyd dat hardloop die oplossing vir soveel probleme kan wees nie,” het Lightfoot vertel.

“My doel is dat ander mense daar buite ook hierdie voordele van hardloop kan geniet. Hol! rus hul toe met die kennis om dit te kan doen. Wanneer die leser van die bank af opstaan, sal hy of sy weet wat om te doen en kan hul boonop vir hulself ietsie lekkers (maar tog gesond) maak met die hulp van die resepte in die boek.”

Lightfoot hoop nie net dat die boek lesers sal inspireer om ‘n paar tekkies na te gryp nie, maar ook dat dit hulle sal laat besef dat jy jou eie held is. Nes die verhaal wat in Hol! vervat is, is elke persoon verantwoordelik vir hul eie geluk en is dit hul eie verantwoordelikheid om die nodige veranderinge te maak.

Maar, soos enige boekliefhebber weet, word ‘n boek nie oornag gepubliseer nie en is Lightfoot dankbaar vir Naledi Uitgewers wat Hol! ‘n tasbare realiteit gemaak het.

Haar boek is dus beskikbaar aanlyn (www.naledi.co.za), by verskeie boekwinkels insluitend Exclusive Books en Bargain Books en word ook uitgestal by Van Gaalen Cheese Farm and Trials in Hartbeespoort.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button