Kruiners verwelkom nuwe adjunkhoof

'Ek is 'n Kruiner in murg en bloed. My doelwit by die skool is om almal te sien as 'n span saam werk.'

Laerskool Helderkruin het onlangs vir Meneer Jacques Breet as hul nuwe adjunkhoof verwelkom.

Alhoewel hy ‘n nuwe pos bekleë, is hy beslis nie ‘n vreemde gesig vir die Kruiner-familie nie. Volgens Meneer Jacques is hy al vir byna 18 jaar ‘n trotse Kruiner.

Terwyl hy Afrikaans Huistaal vir graad 5 leerders in die klaskamer aanbied, kan hy ook dikwels op die sportveld gesien word. Dié passievolle onnie rig graag die o13 Provinsiale Goue Leeus rugbyspelers af.

“Ek is ‘n Kruiner in murg en been. My doelwit by die skool is om almal te sien as ‘n span saam werk – sodoende sal ons net vorentoe beweeg en hoër hoogtes bereik. Ek is trots om die posisie te bekleë,” het hy vertel.

Meneer Jacques Breet is Laerskool Helderkruin se nuwe adjunkhoof. Foto: Alanicka Lotriet.
Exit mobile version