Klein Willem is nog nie klaar vir die jaar

Sedert die Record laas met Willem gesels het, het hy talle projekte aangepak en het selfs nog 'n paar titels in die sak gesteek.

Al staan die jaar einde se kant toe, meen Laerskool Dr Havinga se Willem Coetzee daar is nog baie om te doen voor die nuwe jaar aanbreek.

Die jong skoonheid is nog altyd passievol daaroor om ander mense te help, en wy homself graag daaraan toe om ‘n positiewe verskil in sy gemeenskap te maak. Sedert die Record laas met Willem gesels het, het hy talle projekte aangepak en het selfs nog ‘n paar titels in die sak gesteek.

LEES OOK: Klein seun, groot impak

Sedert Oktober het die graad 2-leerder met die hulp van sy ma, Chantell, die onderwysers van Laerskool Dr Havinga, asook dié van Laerskool Roodebeeck bederf vir Onderwyserdag. Hy het die maand op ‘n hoë noot afgesluit toe hy katkos, hondekos en komberse ingesamel het, en vir Cast Aways Animal Sanctuary gaan aflaai het.

Willem Coetzee hou daarvan om ander te help. Photo: Alanicka Lotriet.

“Al was dit vir my baie hartseer om die diere so te sien, was dit lekker om hulle te kon ontmoet en met hulle te speel,” het Willem vertel.

In November het hy, as Mnr Krugersdorp Petite finalis, saam met Mnr Wes-Rand, Liam van Vuuren en Mnr Krugersdorp, Ruan Sinden vir die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes gaan kuier en hul potjiekoskompeitisie ondersteun.

Op 12 November het Willem die titels van Mr Prestige South Africa Eerste Prins en Best dressed in sy kategorie ingepalm. ‘n Week later vier hy Internasionale Mans Dag saam met mede Mnr Krugersdorp finalis, Pierre Louw deur ‘n paar mans met ‘n klein geskenkie te bederf.

Willem Coetzee hou daarvan om ander te help. Photo: Alanicka Lotriet.

Op 20 November woon hy ‘n fondsinsamelinggeleentheid vir Pixie Pink by saam met Mrs Universe South Africa semifinalis, Liza le Roux. In die tyd word hy ook as die junior handelsmerkambassadeur vir Designer Water Krugersdorp aangewys.

Willem sien nou daarna uit om ‘n Kerspartytjie vir ‘n minderbevoorregte kleuterskool te hou en om ‘n leesdag by Rainbow Haven aan te bied en gevolglik ‘n leeshoekie te skep.

Willem Coetzee hou daarvan om ander te help. Photo: Alanicka Lotriet.

Hy het ook ‘n ‘Spin the Wheel for a Purpose’ in die pyplyn, wat daarop gemik is om fondse in te samel wat gebruik sal word om uitdraaikryte aan minderbevoorregte Havies te voorsien.

Die jong skoonheid is boonop deurentyd betrokke by Laerskool Roodebeeck se voedingsprojek waarvoor hy gereeld bokse kos en bestanddele skenk.

“Dis vir my moeilik om te eet as ek weet dat daar ander kinders daar buite is wat dalk niks het om te eet nie. Ek wil net weet dat hulle magies vol is, en dat hulle ten minste iets het om mee te speel, en iets het vir skool,” het die barmhartige seun ten slotte vertel.

Volgens sy ma samel hul op die oomblik items soos mieliemeel, pasta, rys en soppe in. Indien jy wil help, of meer wil weet, besoek gerus Willem se Facebook-blad, Willem Coetzee-Mr Krugersdorp Petite Finalist 2022/23.

Exit mobile version