EntertainmentLocal newsPrimary School

Kruiner seuns ‘n voorbeeld op verskeie gebiede

Volgens Courtney sing al ses seuns reeds van graad 2 af in die koor.

Laerskool Helderkruin spog met ses van hul seuns wat op verskeie gebiede presteer.

Volgens skoolwoordvoerder, Jessica Courtney is ses Kinderkoorseuns onlangs verkies tot die 2023 leierraad.

“Helderkruin se Kinderkoor maak nie net groot opslae met sang nie, maar is ook ‘n voorbeeld op die akademiese gebied. Ons talentvolle graad 6-koorseuns is almal as leiers verkies vir volgende jaar. Ons spog boonop met koorlid Janu Henning as hoofseun,” het sy vertel.

Die ander seuns sluit in Lian Buys, Joshua Staudinger, Hanlu Scheepers, Juan-Paul Davids en Michalen Hendrikse.

Volgens Courtney sing al ses seuns reeds van graad 2 af in die koor. Die skool is trots op die leerders en wens hul sterkte toe met die opkomende jaar se uitdagings in die verskillende gebiede.

Jaun-Paul Davids, Janu Henning, Hanlu Scheepers, Lian Buys en Joshua Staudinger. Afwesig: Michalen Hendrikse. Foto: Alanicka Lotriet.

Related Articles

Back to top button