High SchoolLocal newsSchools

Roodepark Mark ‘n groot sukses

Markgangers kon uitsien na 'n groot verskeidenheid handgemaakte produkte insluitend meubels, kombuisbykomstighede en rustieke dekor.

Die eerste week van November is al sedert 2016 ‘n hoogtepunt op Roodepark Skool se kalender, en vanjaar was geen uitsondering nie toe die skool hul jaarlikse mark aangebied het.

Sylvia en André Pienaar kyk na die tuisgemaakte lekkernye. Foto: Alanicka Lotriet.

Dié mark het van Maandag, 31 Oktober tot Vrydag, 4 November by die skool plaasgevind. Markgangers kon uitsien na ‘n groot verskeidenheid handgemaakte produkte insluitend meubels, kombuisbykomstighede, rustieke dekor en natuurlik tuisgemaakte etes en lekkernye onder andere.

Ansie en Theo Jooste wat van die Vrystaat gereis het vir die mark saam met skoolhoof, René van der Merwe. Foto: Alanicka Lotriet.

Bywoners kon kieskeurig kibbel oor pryse en rondsoek tot hul die perfekte Kerskopie kon opspoor. Daarna het hulle die geleentheid gehad om by die koffiekroeg ‘n beker boeretroos te geniet en hul honger te stil.

Belinda Joseph gaan iets bestel om aan te knibbel. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens geleentheidorganiseerder en skoolhoof, René van der Merwe vorm die uitstalling deel van die leerders se kurrikulum.

“Dit kurrikulum bepaal dat leerders markbare produkte moet maak. Dis daarom die perfekte geleentheid vir die leerders om hul produkte – wat gemaak is met die hulp van ons onderwysers – uit te stal en te verkoop,” het sy vertel.

Hester van der Merwe en Annemarie Smal geniet die mark. Foto: Alanicka Lotriet.

Van der Merwe meen dis ‘n voorreg om weereens die skool se vaardighede aan die gemeenskap ten toon te kon stel. Sy wil ook graag almal bedank wat die geleentheid ‘n sukses gemaak het, asook almal wat die mark ondersteun het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button