Local news

Vrou wat deur vyf mans ontvoer is, gevind

Verskeie nooddienste het kragte saamgesnoer om die vrou op te spoor.

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op Sondag, 14 Augustus saam met verskeie ander veiligheidsdienste ’n vrou help opspoor wat deur vyf mans ontvoer is.

Werner Britz, leier van dié Roodepoort-buurtwag, het ’n oproep ontvang dat patrolleerders van die Roodekrans-buurtwag, die Krugersdorp Polisie, Help24 en ’n soek-en-reddingspan hulp benodig het om die vrou op te spoor en die verdagtes agterna te sit.

Britz is saam met ander lede van die buurtwag asook die hommeltuigvlieënier Lourens Swanepoel na die toneel toe en kon met die hulp van die verskeie rolspelers die vrou opspoor. Die slagoffer het traumaberading op die toneel ontvang.

Lees meer: AfriForum-buurtwag ontvang brandopleiding

Die onderskeie rolspelers het die soektog na die verdagtes voortgesit en verskeie punte is gevind waar die verdagtes skuil. ’n Aantal verdagtes is aangekeer en deur plaaslike polisie gearresteer.

“Ek bedank graag die volgende persone vir hul bereidwilligheid om te help met die soektog: Ronnie Britz, Morné Coetzee, Gaj Munsammy, Kevin Hendrikz, Steven Galvert, Karien van Biljon en Lourens Swanepoel. Dit is ’n voorreg om ’n verskil te kan maak saam met ’n span soos hulle,” het Britz ten slotte vertel.

Related Articles

Back to top button