MunicipalUpdate

Kommentaar van Joburg Water rakende oop gat in Witpoortjie

Joburg Water het kommentaar gelewer oor 'n gat wat gegrawe is om 'n pyp te herstel en nog nie gevul is nie.

Op 21 November het die Roodepoort Record verslag gelewer oor die probleme wat inwoner Kittie Meissner in haar omgewing ervaar.

Op 22 November het Johannesburg Water (JW) kommentaar gelewer op die gat op die hoek van Jan van Rooyenstraat en Generaal Pienaarlaan waar ‘n gebraste pyp reggemaak is.

• Lees die oorspronklike artikel hier: Plaaslike inwoner steek self hand uit om die gemeenskap op te knap

JW woordvoerder, Nombuso Shabalala, het verduidelik, “JW is bewus van die sloot op die hoek Generaal Pienaarlaan and Jan van Rooyenstraat in Witpoortjie. Dit is ‘n herinstelllingswerk wat voltooi moet word nadat ‘n gebarste pyp reggemaak is. The herinstelling was geskeduleer om op 27 November gedoen te word. Vertragings word ervaar as gevolg van die huidige reënerige weerstoestande, want nat materiaal kan nie gebruik word vir hervulling nie. JW spanne kan nie hervulling en herinstellingswerk voltooi wanneer die grond nat is nie.”

• Op December 5 het Shabalala uitklaring gegee rakende die mangat in Generaal Pienaarlaan:

“JW het die area gaan besoek. Neem asseblief kennis dat al JW se riool mangatdeksels rond is. Die rede hiervoor is dat die deksels nie in die gat afval nie. Daar is geen riool reuk van die gat afkomstig nie, ook nie riool wat oorloop of mors nie. As gevolg van die puin binne die spesifieke gat, kon die JW span nie vasstel of dit wel ‘n Johannesburg Road Agency [JRA] stormwater mangat of ‘n ander entitiet s’n is nie. Tog, by assessering en waarneming van hoe die gat gebou is, blyk dit ‘n stormwater mangat te wees, wat tipies deur JRA gebruik word. JW se gate word nie op daardie manier gebou nie.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button