AdvertorialBusinessSponsored

Laerskool Horison – Die skool van kampioene

By Laerskool Horison kan jou kind uitblink in akademie, sport en kultuur.

By Laerskool Horison volg hulle ‘n waardestelsel wat lewenskwaliteite by hul leerders vaslê en ‘n dissiplinêre opvoedingsbeleid wat waardigheid, eerlikheid en respek kweek.

Dit is vir hulle belangrik om leerders te help om volwaardig te ontwikkel en om ‘n gesonde balans te handhaaf tussen akademiese-, sport-, kulturele en geestelike ontwikkeling.

Die skool verskaf aan hul leerders voortreflike, relevante, bekostigbare opvoeding en onderwys in Afrikaans as voertaal, en handhaaf die hoogs moontlike onderwysstandaarde op ‘n gedifferensieerde basis deur ‘n hoogs bekwame onderwyskorps.

By Laerskool Horison is verhoudings belangrik en daarom handhaaf hul ‘n goeie en samewerkende verhouding tussen onderwysers, ouers en leerders wat bydra tot positiewe betrokkenheid.

Hoof van Laerskool Horison skryf:

Ek is vandag ‘n ongelooflike trotse hoof. Die ondersteuning van ouers, families, personeel en oudleerders vir ons twee netbalspanne wat aan die Gauteng-uitspele oor die langnaweek deelgeneem het, was regtig ‘n riem onder die hart.

Die stampvol pawiljoen het gejuig elke keer wat daar ‘n doel aangeteken is.
Alhoewel ons spanne dit nie gemaak het nie, het elke dogter haar hart uitgespeel. Baie dankie aan julle en julle passievolle afrigters! Ook, baie geluk aan ons eerste rugbyspan wat die Goue Leeus-finaal met 32–22 gewen het. Weereens was daar pragtige ondersteuning gewees.

Baie dankie aan elke seun wat deel was van hierdie span en wat ook hul heel beste tydens die wedstryde gedoen het. ‘n Groot dankie aan ons twee afrigters vir julle goeie afrigting en dat julle saam hierdie pad gestap het.

Eerste-rugbyspanafrigter, Louis van Wyk, skryf:

As ek Laerskool Horison hoor dink ek aan ‘n middelgewigbokser wat teen ‘n swaergewigbokser veg. Ons is altyd die kleinste, maar tog moet ons nie onderskat word nie. Horison se 1ste span het ‘n droomseisoen gehad. Ons voorseisoen was nie maklik nie, maar dit het ons die standaard gegee van waar ons moet wees.

Ons het na Jubaweni getoer, waar ons ‘n span gevorm het. Die doel was om te ontwikkel, diepte te skep en te verbeter. Gedurende die toer het die seuns al vier wedstryde gewen. Tydens die liga was daar slegs 13 punte teen ons aangeteken. So maak dit ons dan die ligawenners. Ons het die Goue Leeus kwarteindstryd gehaal, waar ons geen punte afgestaan het nie. So ook in die half-eindstryd. Ons het op 19 Junie in die eindstryd gespeel en gewen. Horison het drie Leeus-seuns opgelewer.

Eerste-rugbyspanafrigter, Dillan van Wyk, skryf:

Wat ‘n voorreg was dit om hierdie seisoen op ‘n hoogtepunt te kon afsluit! Dit was ‘n eer om hierdie jaar deel te wees van ‘n span wat geglo, gewerk en vasberade was om te doen wat hulle moes.

Hierdie span was nede-rig en hardwerkend en het die vrugte gepluk! Met ‘n ouerkorps en skool wat ondersteunend was, was dit as afrigter net ‘n plesier gewees. Daar was moeilike wedstryde en dan weer maklikes, daar was beserings en soms baie trane, en toe ons uiteindelik in die kwarteindstryd as wenners van die veld afstap, het ons klaar gevoel of ons ‘n stappie verder was.

Na die halfeindstryd het ons gemotiveer waar ons kon en die seuns het alles in die stryd gewerp. Met die eindstryd het ons as afrigters probeer kalm bly, terwyl ons aan die binnekant wrakke was. Ons wou so graag hê die seuns moes hulle laaste wedstryd op ‘n hoogtepunt eindig. Na die eindstryd was daar trane van blydskap en verligting. Hierdie gevoel wens ek vir elke afrigter en speler ten minste eenkeer in ‘n leeftyd toe.

Dis met groot dankbaarheid en nederigheid dat ons hierdie seisoen afsluit; elke seun kan met trots sê hulle was Goue Leeus-wenners.

Rugby statistieke:

Seisoen se punte vir en teen Laerskool Horison:

Vriendskaplike wedstryde:

68 punte vir ons

49 teen ons

Wen 1 uit 3.

Superreeks:

109 punte vir ons

24 punte teen ons

Wen 3 uit 4.

Toer (Jubaweni):

58 punte vir ons

10 teen ons

Wen 4 uit 4.

Liga:

350 punte vir ons

35 punte teen ons

Wen 8 uit 8.

Dit maak hulle Goue Leeus-wenners.

Mariska Kruger, o.13-netbalafrigter skryf:

Span is die woord wat gebruik word wanneer daar na dié netbalspan verwys word, maar vir die o.13-span van Laerskool Horison is dit soveel meer.

Dis saamdroom, saamspeel, saamsweet en selfs saam ‘n traan stort. Hierdie seisoen het afgeskop met die voorreg om in die April-vakansie na George te toer. Die meisies het die geleentheid gehad om teen van die beste spanne te speel en hul talente behoorlik te wys.Tydens hierdie toer spog die o.13-span met ‘n derde plek uit 24 skole. Net soos wat die lewe soms sy draaie maak, het ons seisoen nie presies uitgewerk soos wat ons gedroom het nie.

Die span eindig vierde in die JOMO-liga waar hulle aan die JOMO-uitspele moes gaan deelneem om te kon kwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe. Die naweek van 9 en 10 Junie speel hierdie span sewe wedstryde en word gekroon as die wenners van hierdie uitspele waar hulle al sewe wedstryde wen.

Met groot blydskap kwalifiseer die span vir Gauteng. Harde werk en lang oefensessies was nodig om te verseker dat elke speelster voorbereid is.

Tydens die Gauteng Kampioenskappe het die netbalspan meegeding met skole sover as Pretoria waar die dogters werkilik karakter gewys het. Moed hou, aanhou en uithou was hierdie spelers se sienswyse en hul harde werk is beloon.

Laerskool Horison se o.13-netbalspan eindig in die top 8 van Gauteng en eerste van al die JOMO-streek spanne. Wanneer ‘n span kan saamstaan is daar min wat hul kan teenstaan.

Vir meer foto’s, kliek hier.

Related Articles

Back to top button