Bastion Buffels neem deel aan Noordvaalreeks

Die Buffels het ‘n fantastiese seisoen beleef, volgens Andrew Todd, hoof van sport by Hoërskool Bastion. “Alhoewel die eindresultaat van die finaal van die Noordvaalreeks nie in ons guns getel het nie, was dit ‘n onvergeetlike voorreg om te sien hoe die afrigters en spelers week na week gegroei het,” verduidelik Todd. Die finaal was …

Die Buffels het ‘n fantastiese seisoen beleef, volgens Andrew Todd, hoof van sport by Hoërskool Bastion.

Bennie Paich. Foto: Anuschka de Jager

“Alhoewel die eindresultaat van die finaal van die Noordvaalreeks nie in ons guns getel het nie, was dit ‘n onvergeetlike voorreg om te sien hoe die afrigters en spelers week na week gegroei het,” verduidelik Todd.

Die finaal was in Vryburg op die Gert Lubbe Stadion gespeel, en volgens die Todd, onder baie moeilike omstandighede.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2023/07/28/bastion-buffels-bly-bo/

“Met ‘n wind wat konstant meer as 40km/h gewaai het en behoorlik jou melk uit jou koffie sou waai, moes die Buffels die eerste helfte alles in hul mag doen om teen die wind die opponente uit te hou,” verduidelik Todd.

Die wedstryd het wipplank gery waar die voortou heeltyd verander het.

PJ Potgieter, die Buffels se binnesenter, het eenmaal oor die doellyn geduik en Aiden Gerber, die Buffels se buitesenter het twee keer die doellyn gekruis.

Marco van der Westhuizen. Foto: Anuschka de Jager

Die Buffels het amper die oorwinningskroon uit die opponente se hande geruk toe Gerber, met 30 sekondes oor, weer agter die doellyn gaan kuier het. Met die telling op 24–30 in Vryburg se guns, sou die doelskop bepaal het of die Buffels koning sou kraai of nie, maar dit was als tevergeefs toe die lynregter die spelers teruggeroep het vir ‘n oortreding.

“Dit was sowaar ‘n finaal om te onthou en boonop ‘n seisoen vir die geskiedenisboeke. Dit was die eerste keer wat Bastion in die Noordvaal-finaal gespeel het en om as naaswenners weg te stap, is steeds ‘n enorme eer,” sluit Todd af.

Exit mobile version