Ons Plek Horison hou ‘n pannekoek dag

"Ons Plek Horison is 'n nie-winsgewende besigheid, saam met Helpende Hand, wat minderbevoorregte families en kinders help."

Ons Plek Horison, het op Vrydag, 3 Februarie pannekoeke by die Gereformeerde Kerk Ontdekkers in Discovery verkoop as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek vir hulle nasorgsentrum.

Lee Olivier.

“Ons is ‘n nie-winsgewende besigheid, saam met Helpende Hand, wat minderbevoorregte families en kinders help,” het Ons Plek sentrumbestuurder Ivana Meyer verduidelik.

Angelique Lourens.

Hulle het ‘n verskeidenheid pannekoeke verkoop, onder andere gewone kaneel en suiker pannekoeke, maalvleis pannekoeke, melktert-vulsel pannekoeke en dan pannekoeke met ‘n brandsous.

Luca en Kira Noortman.

“Altesaam het ons 305 bestellings gekry, van die ouers, lede en die gemeenskap om ons,” het Ivana vertel.

Gerrit Sandrock, Helpende Hand Roodepoort se tak ondervoorsitter.

Die inisiatief sal een keer ‘n maand plaasvind en alle fondse sal na die nasorgsentrum gaan.

Vir meer inligting of om uit te vind wanneer die volgende pannekoeke verkoopsdag plaasvind, kontak Ivana by 073 606 5671.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version