Local newsNews

Kleuters gesels oor Kersfees

In 'n poging om uit te vind hoe die jonger generasie dié Kersseisoen voel, het die Record vir 'n plaaslike dagsorg, Smurfies Dagsorg gaan kuier.

Witpoortjie — Kersfees is ‘n tyd vol vreugde en opgewondenheid. Die liggies, musiek, eetgoed, en die uitsien na geskenke oopmaak, maak dit vir ‘n kind moeilik om nie opgewonde oor Kersfees te wees nie.

In ‘n poging om uit te vind hoe die jonger generasie diĂ© Kersseisoen voel, het die Record vir ‘n plaaslike dagsorg, Smurfies Dagsorg gaan kuier. Daar was die kleuters meer as bereidwillig om ‘n paar vrae te beantwoord.

Alhoewel elkeen meen hul is sonder twyfel op vanjaar se soet-lysie, verskil hul mening egter oor ander vrae soos ‘Wat dink jy doen Kersvader?’, ‘Wat soek jy vir Kersfees?’ en ‘Wat maak jy en jou familie op Kersfees?’.

Volgens Brigette Allers, 6, is Kersvader iemand wat speelgoed maak en soek sy graag ‘n mermaid tail en ‘n Barbie huis vir Kersfees. Sy meen verder dat sy en haar familie gewoonlik ‘n lekker ontbyt op Kersfees geniet.

Nicholas Horn. Foto: Alanicka Lotriet.

Nicholas Horn, 5, meen Kersvader ‘vat perskenkies en gee dit vir kinders’. Vir Kersfees soek hy graag ‘n bal en ‘n ‘jumporine’.

Kefentse Mosome. Foto: Alanicka Lotriet.

Vir Kefentse Mosome, 5, is Kersvader iemand wat vir kinders presents gee. Sy soek alleenlik make-up vir Kersfees en meen sy sien uit om iets te maak om te eet vir Santa saam met haar familie.

Luanique Horn. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Luanique Horn, 5, is Kersvader iemand wat Frozen poppe en toys gee. Luanique meen sy sal graag ‘n pop, lip gloss en ‘n ‘paar van oorbelle’ vir Kersfees wil hĂȘ. Vir Kersfees gaan sy saam met haar familie ‘goed decorate en goed maak’.

KYK hier na die video:

Die Record wens vir alle kleuterskole, asook hul kleuters en ouers ‘n gelukkige Kerstydperk toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button