Editor's choiceLocal newsNews

Wys so jou ondersteuning vir mense met geboortevlekke

'Daar is soveel onkunde oor geboortevlekke, en dit is vir ons soos vlekke op ons harte.' – Gracelle van Heerden.

Dit is moeilik genoeg vir jongmense om in vandag se tye met al die nuwe modes en sosiale standaarde tred te hou en aanvaarding by hulle maats te vind, maar, wanneer jy nié aan hierdie standaarde voldoen nie, en as ‘anders’ geklasifiseer word, kan die nagevolge katastrofies wees.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/11/07/ons-wil-net-ons-kinders-gelukkig-sien-dit-is-elke-ouer-se-droom-om-sy-kind-gelukkig-te-sien-ons-kinders-se-geluk-is-baie-belangrik/

Daar is baie dinge wat jou as ‘anders’ kan klassifiseer; die manier wat jy praat, hoe jy aantrek, jou gunsteling kos of selfs hoe jy lyk. Partymaal word hierdie andersheid maklik aanvaar, maar, in sommige gevalle word die persoon wat ‘anders’ is, die slagoffer van boelies en kan hulle dag-tot-dag bestaan uiters moeilik raak, en dit is presies wat onlangs met die negejarige Janu van Heerden gebeur het.

Janu van Heerden is met Sturge-Weber-sindroom gediagnoseer. Foto: Adéle Bloem.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/11/03/ek-is-nie-n-held-nie-net-n-doodgewone-ou-oppas-wat-jy-s-jou-woorde-maak-seer-hier-is-ek-my-naam-is-janu/

Janu is gebore met ‘n rooi vlek op sy gesig, wat ook as ‘n port wine stain bekend staan. Volgens sy ma, Gracelle van Heerden, is daar ‘n drie uit 1 000 kans vir ‘n baba om met so ‘n vlek gebore te word, en sy het gesê,

“Ons het besef ons gaan ‘n interessante paadjie met hom stap, maar elke nuwe dag bring uitdagings. Die onkunde oor geboortevlekke is vlekke op ons harte”.

In ‘n poging om te help om hierdie onkunde hok te slaan, wil die Van Heerden-gesin gemeenskapslede aanmoedig om aan die Internasionale Dag vir Bewusmaking oor Vaskulêre Geboortevlekke (International Day of Awareness for Vascular Birthmarks) deel te neem.

“Hierdie dag word op 15 Mei waargeneem en deelnemers word aangemoedig om ‘n rooi hartjie op hul wang te verf op hierdie dag, en dit dan op alle sosial media platforms te deel met die volgende hutsmerk; #PutOnYourBirthmark.

Die hele Meimaand word opsy gesit vir die bewusmaking van hierdie tipe geboortevlekke, en die hoofdoel daarvan is om aanvaarding te kweek en ook om die stilte rondom die stigma van geboortevlekke, te breek. Hierdie dag is ook daar om mense die geleentheid te gee om hulle geboortevlekstorie te deel.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/11/07/sturge-weber-sindroom-hier-is-wat-jy-moet-weet-wat-is-sturge-weber-sindroom-sturge-weber-sindroom-dit-is-hoekom-ek-anders-lyk/

‘n Vaskulêre geboortevlek is ‘n vlek (gewoonlik rooi) op die liggaam wat veroorsaak word deur bloedvate wat nie normaal gevorm het nie. Daar is drie soorte geboortevlekke, ‘n salmon patch, hemangioma, en ‘n port wine stain.

Gracelle glo dat, as daar meer bewusmaking en kennis romdom geboortevlekke, en die verskillende sindrome wat saam met dit kan gaan, is, sal die wêreld ‘n beter plek wees, want kennis is mag, en sy het gesê, “Ons moet ons kinders leer om te wíl verstaan.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/11/09/help-ek-word-geboelie-ek-word-geboelie-wat-nou-so-help-jy-iemand-wat-geboelie-word/

“Om, wanneer hulle maatjie anders lyk, eerder vrae te vra as om lelik te wees omdat hul nie verstaan nie. So verander ons die wêreld een kind op ‘n slag, en verseker ons dat ons kinders almal gelukkig en geliefd kan wees”.

Vir meer inligting oor Internasionale Dag vir Bewusmaking oor Vaskulêre Geboortevlekke, en hoe om deel te wees van hierdie veldtog, besoek gerus https://birthmark.org/join-putonyourbirthmark/

Related Articles

Back to top button