NewsSchool sportSchools

Bastion-krieket smee internasionale bande

Hoërskool Bastion se seniorkrieketspan het die geleentheid gehad om teen Spartan Cricket Academy se toerspan te speel.

Hoërskool Bastion se seniorkrieketspan het op Vrydag, 9 September ‘n wedstryd teen Spartan Cricket Academy se toerspan van Jodhpur, Rajasthan in Indië op Bastion se krieketveld gespeel.

Die Spartan-toerspan besoek Suid-Afrika om teen ‘n verskeidenheid krieketspanne te speel en ondervinding op te doen. Beide spanne het baie na die kragmeting uitgesien.

So het die spel verloop:

Wedstryd 1 – T20:
Bastion:140/7 (20 boulbeurte)
Christiaan Harmse – 22 lopies van 15 balle
Jahnco Bekker – 19 lopies nie uit nie van 22 balle
Warren Scott – 17 lopies nie uit nie van 12 balle
Spartans: 114/10 (19.2 boulbeurte)
Duwandre Greyling neem 2 paaltjies vir 5 lopies
Christiaan Harmse neem 2 paaltjies vir 14 lopies
Warren Scott neem 2 paaltjies vir 18 lopies

Bastion wen met 26 lopies.

George Engelbrecht verwelkom die Spartans by Bastion.

Wedstryd 2 – T20:
Spartans: 140/10 (20 boulbeurte)
Juan Venter neem 2 paaltjies vir 21 lopies
Bastion: 112/3 (15 boulbeurte)
Jahnco Bekker – 33 lopies van 26 balle
Duwandre Greyling – 22 lopies van 24 balle
Juan Venter – 19 lopies nie uit nie van 16 balle

Bastion wen met 12 lopies volgens die op D/L-metode weens swak lig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button