Local newsNewsSchools

Horie-onnie haal Noot vir Noot se semifinale rondte

Maria-Lise Pieters het van kleins af gedroom om 'n deelnemer op dié bekende musiekprogram te wees

Een van die mees ikoniese Afrikaanse TV-musiekprogramme, Noot vir Noot het op Donderdag, 1 September ‘n deelnemer van Laerskool Horison verwelkom.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2021/05/16/laerskool-horison-netbalspan-ontmoet-proteas-kaptein-persoonlik/

Maria-Lise Pieters, ‘n onderwyser by die skool, was opgewonde om deel te wees van die program waarvan die bekende akteur en vermaaklikheidster Emo Adams die aanbieder is.

Tydens dié episode het DJ Shelly weereens die musiekleidrade verskaf, en aktrise en sanger Tarryn Lamb was die gaskunstenaar.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/06/24/jong-hories-ontmoet-hul-helde-plaaslike-helde-kuier-by-hories/

Volgens Maria-Lise kyk sy al van kleins af saam met haar familie na dié geliefde program. Haar man het haar toe aangemoedig om in te skryf en deel te neem.

Dit was dus geen verrassing nie dat hierdie passievolle musiekliefhebber die episode gewen het, en na die semifinale rondte deurgedring het wat op Donderdag, 29 September om 19:00 op SABC 2 uitgesaai gaan word.

Die Horie-familie is trots op Pieters se prestasie en sien saam met haar uit na haar verskyning op die kassie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button