Local newsNews

Alledaagse helde gesels met gemeenskap

'Dit is belangrik dat die gemeenskap weet watter dienste beskikbaar is en wie om te kontak in nood.'

Op Saterdag, 13 Augustus het die gemeenskap se alledaagse helde kragte saamgesnoer om vir inwoners te demonstreer hoe verskillende dienste saamwerk vir ‘n veiliger omgewing.

Die slagoffers word uit die voertuig bevry.

Die gemeenskap is na Laerskool Helderkruin se sportvelde genooi waar verskillende dienste soos die plaaslike polisie, JMPD, nooddienste, sekuriteitbesighede en buurtwagte gewys het hoe hulle in verskeie situasies saamwerk, en hoe die gemeenskap saam met dié dienste kan werk.

Die slagoffers word uit die voertuig bevry.

Die opwindende geleentheid is georganiseer deur Bertus en Debbie Rothmann van Emergency Services Chaplaincy South Africa (ESCSA), en die Provinsiale Polisiekommissaris van Gauteng, kolonel Paulus van Eeden.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2021/09/02/kruiners-verras-met-spesiale-besoek-groot-o-en-groot-glimlagte/

Die aanwesiges is toegespreek deur verteenwoordigers van die plaaslike polisie, JMPD, Helderkloof Neighbourhood Watch, Roodekrans Neighbourhood Watch, AfriForum, ECSA, Absolut Security, Dowry Security, Fidelity ADT, ER24, Help24, Netcare 911, Lions Club, K9 Classroom and Top Dogs.

Quentin Swart, Cobus Robertson en Shaun Stelzer van Help24 Secure.

Dié dienste het ook verskeie scenario’s gesimuleer, insluitend ‘n hoëspoedjaagtog met die polisie, JMPD, die Honde-eenheid en sekuriteit. Daar is gedemonstreer hoe ‘n vlugtende verdagte gevang word met die hulp van ‘n polisiehond, en hoe daar gewerk word met slagoffers wat in ‘n voertuig vasgekeer is. Dié voertuig is met reddingskake oopgesny waarna die pasiënte bevry en per ambulans weggeneem is.

Die slagoffers word uit die voertuig bevry.

“Dit sou ook nie moontlik wees sonder die samewerking van Laerskool Helderkruin nie. Ons wil daarmee graag vir skoolhoof, Meneer Badenhorst bedank wat van die begin af aan boord was. Die gemeenskap kan nie funksioneer sonder n skool nie, en andersom. Ons almal benodig mekaar om suksesvol te wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button